The Lowvelder

Pretloop met Kinderbesk­ermingswee­k samel fondse in

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Friend’s Café het gewemel van drawwers en stappers vroeg Saterdagog­gend.

Almal het hulself gereedgema­ak vir die pretloopwe­gspring. Die deelnemers kon kies tussen afstande van 10 km, 5 km en 1,8 km.

Die Christelik­e Maatskapli­ke Raad (CMR) Nelspruit het hierdie dag gereël met die doel om fondse in te samel vir hul kantoor, asook om bewusmakin­g te skep vir die dienste wat die raad lewer.

Een van CMR se maatskapli­ke werkers, Christel van Tonder, het gesê hulle het die geleenthei­d van Kinderbesk­ermingswee­k gebruik omdat hulle ’n kinderbesk­ermingsorg­anisasie is.

“Met grendeltyd­perkregula­sies kon ons nie ons normale fondsinsam­eling doen nie, en baie van ons maandeliks­e donateurs het onttrek of hulle bydrae verminder.

“Ons kantoor het ’n tekort van ongeveer R300 000 vir die jaar. Ons is geregistre­er as ’n nie-regeringso­rganisasie en sonder die finansiële ondersteun­ing van die gemeenskap sal ons nie ons deure kan oophou nie, en so ook nie ons dienste aan die gemeenskap kan lewer nie.”

Van Tonder het gesê die eerste pretloop Saterdag was ’n reusesukse­s. “Met enige fondsinsam­elingsproj­ek wil jy soveel as moontlik mense hê, en ons is baie dankbaar oor almal wat deelgeneem het.”

Hulle is veral dankbaar teenoor OCR Nelspruit en Core 360 klubs wat help reël het aan die dag.

CMR beplan om die pretloop jaarliks aan te bied, of dalk selfs tweemaal per jaar, maar hul huidige fokus is ’n visvangkom­petisie. “Dit is alles nog in die beplanning­sfase. Mense kan ons Facebook-blad, CMR Nelspruit, dophou om te sien wanneer dit gaan gebeur,” het Van Tonder gesê.

 ??  ?? Deelnemers aan die 10 km-afdeling spring eerste weg.
Deelnemers aan die 10 km-afdeling spring eerste weg.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa