The Lowvelder

’n Nu ige kontrolely­s voor ’n vakansiere­is

- Kontak Annatjie Els by 013 880 0061 of 083 679 4697 vir profession­ele advies. Sanlam is ’n gelisensie­erde verskaffer van finansiële dienste.

As die Covid-19-pandemie ons enigiets geleer het, moet een van die belangriks­te lesse ongetwyfel­d wees dat ons veral ons lewe en ons gesondheid moet waardeer. Alhoewel vlak 5 van die inperking verlede jaar gehelp het om reise en noodlottig­e ongelukke beduidend te verminder, kan ons huidige vlak 2-scenario moontlik groter risiko’s inhou, omdat baie mense dalk nou haastig is om by hul vakansiebe­stemmings uit te kom.

Die volgende is ’n minimum-kontrolely­s om voor jou vakansie te oorweeg:

1. Kry voldoende sterfte- en ongeskikth­eidsdekkin­g: Dit is raadsaam om dekking vir dood weens natuurlike oorsake sowel as vir toevallige dood en ongeskikth­eid te kry.

2. Maak seker die aktiwiteit­e wat jy beplan, is gedek: Sanlam Go Cover is ’n eenvoudige selfoontoe­passing wat dit vir jou moontlik maak om dekking vir toevallige besering en dood op aanvraag te koop - vir slegs 24 uur tot 90 dae.

3. Belê in begrafnisd­ekking: As jy dekking in plek het, sal dit jou geliefdes help om sonder finansiële druk eer aan jou nagedagten­is te betoon.

4. Werk jou testament by: Dis nog iets wat nie prettig is nie, maar ’n bygewerkte testament is noodsaakli­k om te verseker dat jou bates ooreenkoms­tig met jou wense verdeel word wanneer jy te sterwe kom.

5. Maak seker jou kinders is gedek: Daar is risikovoor­deel wat spesifiek op kinders gemik is - soos Sanlam se kindersiek­te- en -beseringsv­oordeel.

Voordat jy in die pad val, moet jy egter seker maak dat jy en jou kinders gedek is teen gesondheid­s- en finansiële risiko’s wat met jou gekose rit en beplande aktiwiteit­e verband hou. Reis dan veilig en met gemoedsrus.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa