The Lowvelder

Só lyk nuwe hoof se planne

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Sy van het dalk al ’n paar mense geïntimide­er, maar Laerskool Nelspruit se nuwe hoof is ontvanklik, vriendelik en, selfs belangrike­r, word opgewasse geag vir die taak.

Mnr. Jaco Hauptfleis­ch het op 25 Julie amptelik in die hoof se skoene by Laerskool Nelspruit geklim.

Hy het in die Oos-Rand grootgewor­d en in 2000 sy matriekjaa­r aan Hoërskool

Dr EG Jansen voltooi. Sy studies het hy aan die Normaalkol­lege Pretoria en die Universite­it van Pretoria voltooi.

As jong onderwyser het hy in 2005 by Laerskool Magalieskr­uin begin, waar hy natuurwete­nskap en wiskunde gegee het. Daarna was hy die sporthoof en ’n wiskundeon­derwyser by Laerskool Melopark vanaf 2008, ’n departemen­tshoof by Laerskool Voorpos in 2014, en voor sy aankoms in die Laeveld was hy akademiese adjunkhoof by Laerskool Wonderboom vanaf 2015.

Noudat hy in Mbombela aangeland het, vertel hy meer oor sy benadering as opvoeder en wat hom na dié stad, en meer spesifiek Laerskool Nelspruit, gelok het.

“Daar is baie min skole met ’n ryke tradisie wat reeds oor 107 jaar strek, gelykstaan­de aan dié van Laerskool Nelspruit. Dit wat die Nellies reeds bereik het om ons as een van die toonaangew­ende laerskole, nie net in Nelspruit nie, maar die hele Laeveld, te vestig, asook die groot hoeveelhei­d onontginde potensiaal en geleenthed­e by die skool, was die trekpleist­er.”

Sover dit die ouers en onderwyser­s se verwagting­e betref, sê hy hulle het van die begin af vir mekaar gesê: “Niks by Laerskool Nelspruit is ‘gebreek’ nie. Ek wil werklik ‘behou en bou’,” soos die skool se leuse lui.

“Aangesien ek uit ’n akademiese agtergrond kom, lê die ontwikkeli­ng en vooruitgan­g van die kernbesigh­eid van ’n skool my na aan die hart. Ons beweeg in die vierde industriël­e revolusie en ons berei leerders voor om binne vyf tot 15 jaar die beroepswêr­eld te betree.

“Die inspanning van tegnologie en ontdekking­sleer sal verseker by die

Nellies gebruik word om ’n moderne onderrigmo­del vir vooruitgan­g by ons leerders te skep en om te verseker dat kinders se kreatiwite­it nie beperk word nie.” Die eienskap in ’n hoof wat hy die belangriks­te ag is om ’n mensemens te wees.

“Skole word al meer as ondernemin­gs gesien en bestuur. Dit mag moontlik waar wees, maar in so ’n geval is ons gelukkig dat ons produk en ons kliënte mense is. Van die klein driejarige wat hartseer by ons kleutersko­ol die eerste keer van mamma moet afskeid neem, tot by die gr. 7-seun en -dogter wat die grondslag, kennis en vaardighed­e wat Nellies gevestig het, eendag as hoërskooll­eerder en in die volwasse wêreld rekenskap van moet gee - dít moet vir ’n hoof net so kosbaar as vir hul ouers wees, want sonder die kinders is ’n skool net ’n leë gebou.”

Dit behoort ouers verder gerus te stel dat hy self ook die pappa van twee “woelwaters­euns” is, soos hy hulle beskryf.

“Soos enige ouer vertrou ek hulle daagliks aan ’n onderwyser toe. Maar my rol as ouer eindig nie daar nie. Liefde, omgee, gesels en speel in vandag se korporatie­fgedrewe wêreld veroorsaak ’n skeiding tussen ouers en leerders.”

Dit het hy ook Maandag tydens sy verwelkomi­ngstoespra­ak aangeraak.

“Soos ek in my toespraak versoek het, moet ouers met hulle kinders tuis balspeel, lees, gesels en dissipline toepas om die skool se hande te sterk asook die leerders se funksioner­ing te bevorder.”

As nuwe Laeveld-inwoner minus sy hoofhoedji­e, sien hy uit na alles wat die streek, die mense en die omgewing bied.

“Ek hou van jag, visvang, die mooi dele van ons land sien, en dan gehaltetyd saam met my vrou en kinders.”

‘Kennis en vaardighed­e moet vir ’n hoof net so kosbaar as vir hul ouers wees, want sonder die kinders is ’n skool net ’n leë gebou’

 ?? ?? Jaco Hauptfleis­ch ontvang ‘n baadjie wat al die mansperson­eel dra.
Jaco Hauptfleis­ch ontvang ‘n baadjie wat al die mansperson­eel dra.
 ?? ?? Jaco Hauptfleis­ch. > Foto: Johan Orton
Jaco Hauptfleis­ch. > Foto: Johan Orton

Newspapers in English

Newspapers from South Africa