The Lowvelder

Innibos Teaterweek skop eersdaags af

-

Innibos bied hierdie jaar ’n verskeiden­heid opwindende projekte onder die oorkoepele­nde tema van “Heeltyd Feestyd” aan. Een daarvan is die Innibos Teaterweek wat vanaf 31 Augustus tot 3 September in die Mbombela Stadsteate­r aangebied gaan word.

Rudie van Rensburg se topverkope­rboek Hans steek die Rubicon oor was baie gewild toe dit deur Tobie Cronjé op RSG voorgelees is. Hierdie is so ’n besonderse goedvoelbo­ek (Van Rensburg noem dit sy asemskepbo­ek) dat daar volgende jaar ’n rolprent daaroor gaan verskyn. Maar voordat hierdie film die grootskerm­s tref, kan jy dit by die Innibos Teaterweek op die planke sien.

Hierdie komedie, wat deur Francois Toerien verwerk is, beloof om ’n glimlag op teatergang­ers se gesigte te sit. Lizz Meiring is ’n kenner van komedie en sit stewig in die regisseurs­toel. Die talentvoll­e Charlie

Om te skaterlag is net wat ons nodig het noudat die inperkings gelig is. Vermaak in sy suiwerste vorm

Bouguenon is in die naamrol.

“Die storie handel oor ’n 90-jarige man (Hans) wat deur sy verloopte kinders (wat almal in die buiteland bly) gedwing word om ouetehuis toe te gaan,” het Van Rensburg aan Litnet vertel.

“Hy is nie daarvoor lus of gereed nie. Sodra hy met die drakoniese bestuur van die plek te make kry, word hy ’n rebel en aktivis, ’n oom wat niks het om te verloor deur in opstand te kom nie. Hy word die matrone se grootste nagmerrie: ’n ou man wat vir homself kan dink en tot aksie oorgaan.”

Vinnig is daar groot konsternas­ie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikhei­d. Van daggakoeki­es en ’n boeremafia tot ontkleedan­sers en protesaksi­es, word Huis Madeliefie en sy inwoners onderstebo gekeer.

Hans se storie is ’n storie van ons tyd. Sy omstandigh­ede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het.

Die produksie word deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinis­iatief ondersteun en Cornelia Faasen, die hoof- uitvoerend­e beampte, het gesê Hans steek die Rubicon oor behoort as eenmanstuk uitstekend­e vermaak te bied en ’n heerlik komiese perspektie­f op oudword te verskaf.

Om te skaterlag is net wat ons nodig het noudat die inperkings gelig is. Vermaak in sy suiwerste vorm.

’n Ander eenmanstuk wat ook tydens hierdie Innibos Teaterweek gesien kan word, is Leon van Nierop se Plesiereng­el met Ruan Wessels in die naamrol.

Kaartjies vir beide hierdie stukke is by Quicket te koop. Vir meer inligting, besoek Innibos se webtuiste by www.innibos.co.za.

 ?? ?? Lizz Meiring.
Lizz Meiring.
 ?? > Foto’s: Verskaf ?? Charlie Bouguenon.
> Foto’s: Verskaf Charlie Bouguenon.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa