The Lowvelder

Emgwenya se welvaart in die gedrang

- Buks Viljoen

EMGWENYA - Dié geskiedkun­dige dorpie op die platorand tussen die Hoë- en Laeveld was eens ’n vooruitstr­ewende nedersetti­ng, maar is nou dood.

As dit van inwoners, sakemanne en ander belanghebb­endes afhang, kan die dorp egter van algehele ondergang gered word.

“Maar dit gaan ’n opdraandes­tryd wees, en waarskynli­k ’n fatale poging. As ons egter nie probeer nie, sal ons nooit weet nie,” sê Louw Pretorius, ’n bekende sakeman en gastehuise­ienaar. Hy staan aan die voorpunt van die reddingspo­ging.

Die dorp se stelselmat­ige agteruitga­ng het meer as twee dekades gelede begin nadat die Machado Tol Plaza deur TRAC tussen Machadodor­p en Emgwenya (voorheen Watervalbo­ven) opgerig is.

Aanvanklik was die dorp se lewensaar die reusespoor­wegstasie wat honderde werksgelee­nthede geskep het. Met die onttrekkin­g van Transnet het al hoe meer mense weggetrek en het die dorp hoofsaakli­k op toerisme vir inkomste begin staatmaak.

“As gevolg van die tolhek, wat by verre die duurste op die N4 is, het die dorp as toerismebe­stemming geknak,” sê Pretorius.

Hy sê daar is telkemale in die verlede gevra dat TRAC, die konsessieh­ouers van die N4, ’n plan moet bedink om ’n meer geregverdi­gde verspreidi­ng van tolfooie daar te stel.

“Dit is juis waaroor die getoyi-toyi en blokkering op 19 Julie by die Machado Tol Plaza gegaan het. Die inwoners is moedeloos omdat daar geen werksgelee­nthede in die omgewing is nie.

“Die voorstel is dat ’n nuwe tolhek by Wonderfont­ein opgerig word. Die afstand vanaf Middelburg Tol Plaza na die voorgestel­de Wonderfont­ein-plaza is ongeveer 54 km en daarvandaa­n na Machado Tol Plaza sal dan 50 km wees.

“Een van ons verdere voorstelle is om

’n nuwe tolhek tussen Montrose en die Sudwala-afrit op te rig. Die afstand vanaf die Machado Tol Plaza na die voorgestel­de Sudwala Tol Plaza is 75 km en daarvandaa­n na Kaapmuiden is 65 km.”

Volgens Pretorius se berekening­e kan die tolfooi by Machado Tol Plaza moontlik met tot 50% verminder. Ongelukkig word Emgwenya nog steeds gepenalise­er omdat die dorp ongeveer 12 km van die tolhek af is, meen hy.

’n Verdere voorstel is dat ’n kleiner tolhek by die Bambi/Lydenburg-afrit op die Schoemansk­loof-pad opgerig word om veral vragmotors te laat betaal.

“Hoe meer tolhekke in bedryf is, hoe laer word die tolfooie per tolhek,” sê Pretorius.

“Forelhenge­l, rotsklim en die eens gewilde Elandskran­s-vakansieoo­rd was enkele van die groot trekpleist­ers op ons dorp. Die Watervalbo­ven Forelhenge­lklub was een van die grootste en gewildstes in die provinsie,” sê Rudolph Pretorius (geen familiever­band met Louw), nog ’n kampvegter vir die dorp se oorlewing. “Dit het egter tot niet gegaan omdat die meeste van hulle lede van Gauteng afkomstig was en hulle nie die tolfooi kon bekostig nie. Ons ander probleem is dat dienslewer­ing in so ’n mate ten gronde gegaan het, dat toeriste die dorp verbyhou.”

Die meeste gastehuise is verkoop en geen restaurant­e is meer beskikbaar nie. Die enkele ondernemin­gs wat voorheen geld uit forelhenge­l gemaak het, is ook toe, sê Rudolph.

“Toeriste wat ons wil besoek betaal

90% te veel, en dit het toerisme in die Watervalbo­ven en Onder-gebied feitlik vernietig. TRAC is al verskeie kere genader om ons besoekers dieselfde konsessie wat Boveniete kry vir ons besoekers te gee, maar hulle wou dit nie toestaan nie.

“Selfs die Mpumalanga Parke- en Toerismera­ad het begin om die Dullstroom­roete as die aangewese roete na die Krugerwild­tuin te bemark juis omdat die tolhekfooi­e so duur is,” sê hy.

Solange Soares, TRAC se woordvoerd­er, sê hulle het ontsaglike simpatie vir die kleiner dorpies soos Emgwenya, maar dat hulle hande afgekap is.

“Ons is slegs die implimente­ringsagent­e namens Sanral en het geen beheer of besluitnem­ingsmagte nie.

“Hulle neem die besluit oor die tolhektari­ewe en waar tolhekke opgerig moet word,” sê Soares.

Vrae is aan die kantoor van Fikile

Mbalula, die minister van vervoer, gestuur. Teen die ter perse gaan het hulle nog nie daarop gereageer nie.

 ?? ??
 ?? ?? Die Elandsrivi­er se waterval.
Die Elandsrivi­er se waterval.
 ?? ?? Kunsvliegh­engelary in die rivier.
Kunsvliegh­engelary in die rivier.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa