The Lowvelder

NHS-leerder stabiel ná ernstige ongeluk

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Daar lê ’n lang pad na herstel vir Johvan de Lange, ’n matrieklee­rder van Hoërskool Nelspruit, voor, ná hy op 21 Julie op sy bromponie in ’n ongeluk was.

Johvan se pa, Hennie, sê daar is al positiewe tekens sedert die vorige keer wat hy met Laevelder gepraat het.

“Sy ogies is al oop en hy volg ons,” sê Hennie, maar hy sê met dié dat sy seun mense kan herken, kan hy sien dat Johvan ook baie emosioneel is. “Jy kan sien hoe trane oor sy wange loop wanneeer hy iemand sien wat hy herken.”

Hy het Maandag ’n operasie ondergaan om twee van die bene in sy regterbeen te heg, en mag dalk later in die week nog ’n operasie hê om sy sleutelbee­n te herstel. Mediese personeel sal sy toestand monitor voor daar besluit word of hy stabiel genoeg is om die operasie te ondergaan.

Hennie sê daar is nou ook ’n neurofisio­terapeut wat met Johvan werk. Hy verduideli­k dat die vetembolis­me in Johvan se brein veroorsaak het dat daar klein beroertetj­ies was wat skade daaraan berokken het; dis waarna die fisio nou omsien.

Hy sê dit is moeilik om op hierdie stadium ’n spertyd vir Johvan se herstel te gee.

“Die dokter sê ons moenie haastig wees nie. Ons moet baie rustig wees; dit was ’n groot besering.” Dit kan nog tot twee of drie maande wees voor hulle kan verwag om ’n beduidende verskil te sien.

Maar Hennie is vol hoop en dankbaar vir elkeen wat hulle in hierdie tyd bystaan. “Daar is baie groter dinge as ons mense wat hieraan werk.”

Hy sê dit is waarlik ’n toets, en nie een wat hy vir enigiemand toewens nie.

“’n Ou se kinders is jou kinders. Hulle is al wat jy het. Jy sal alles gee dat hulle net weer gesond word.”

Hennie sê ook dat dit nie net hulle is wat swaarkry nie, maar ook Johvan se maats by die skool en nog vele meer.

“Nelspruit is ’n plek waar almal se kinders almal se kinders is. Dit is ongeloofli­k hoeveel mense na vore kom.

“’n Vrou het my uit die bloute gebel toe dit net gebeur het en gevra of ek Johvan se pa is. Sy en twee seuntjies het by die hospitaal opgedaag en het ’n sakkie vir Johvannie gegee. Hulle ken my seun glad nie. Dis, om die Engels te gebruik, heartwarmi­ng om te sien.”

Hennie sê hy is nie ’n ou vir in die nuus wees nie, maar vir elke persoon wat van hulle Johvannie lees, is daar nóg ’n persoon wat vir hom kan bid, en daarvoor is hy dankbaar.

 ?? Foto: Verskaf ?? ’n Groep mense kom buite Mediclinic Nelspruit saam om vir Johvan de Lange te bid. >
Foto: Verskaf ’n Groep mense kom buite Mediclinic Nelspruit saam om vir Johvan de Lange te bid. >

Newspapers in English

Newspapers from South Africa