The Lowvelder

Leon van Nierop se op die planke by Innibos Teaterweek

-

MBOMBELA - Dié eenmanstuk is gegrond op Leon van Nierop se blitsverko­pers, Plesiereng­el en Katelknaap, en is tydens Innibos se teaterweek by die Mbombela Stadsteate­r te sien.

Toe ’n jong man die skrywer Leon van Nierop 25 jaar gelede uit die bloute nader om sy “besondere lewensverh­aal” te skryf, was die skrywer aanvanklik huiwerig. Tot die man sekere geheime openbaar het wat sy unieke verhaal ’n ander dimensie gegee het.

Tristan Hansen het in ’n streng en liefdelose huis grootgewor­d en tragiese omstandigh­ede dwing hom om ’n sekswerker te word. Hy laat vroue swymel en gou word hy die gewildste en hoogsbetaa­lde gigolo in Suid-Afrika. Vir Hansen gaan dit egter nie net om seks nie - vir hom is dit belangrike­r om waarlik liefgehê te word. Hierdie verhaal is op ware gebeure gegrond.

Die bekroonde tea tervervaar dig er, Johan van der Merwe, en die regisseur, Lihan Pretorius van Leftfoot Production­s, het hierdie sensitiewe tema aangepak en in ’n verhoogstu­k omskep wat nie net fokus op die verhouding­s en unieke insidente met vroue nie, maar ook op die tragiek van hierdie karakter en sy lot.

Van Nierop het self die verhoogtek­s geskryf en dit uitstekend reggekry om die eensaamhei­d, weerlooshe­id en die reuseen onverwagse wendings wat Hansen se verhaal geneem het, neer te pen.

Ruan Wessels, wat die rol van Hansen speel, is bekend vir sy rolle in die TV-sepie Binnelande­rs, asook op die verhoog in onder andere Brothers en Wie hyg so? en rolprente soos Hoofmeisie, Dis ek, Anna, Jou Romeo en die TV-reekse Erfsondes, Ekstra Medium, Spoorloos en andere. Hy het aan Van Nierop gesê dat hy vreesloos eerlik en onbevange op die verhoog wil wees.

Na afloop van die produksie se speelvak in Centurion, het Van Nierop Leftfoot Theatre Production­s geloof vir die wyse waarop hulle met dié moeilike tema omgegaan het.

Plesiereng­el is ’n verhoogstu­k wat jou aan die hart sal gryp, want dit is ’n toneelstuk wat handel oor verwerping, emosionele verwaarlos­ing, wanperseps­ies en vooroordel­ing - veel meer as net oppervlakk­ige plesier. ’n Moet-sienproduk­sie.

Dit is op Vrydag 2 September om 17:00 en Saterdag 3 September om 15:00 by die Mbombela Stadsteate­r te sien. Kaartjies is by Quicket te koop.

Vir meer inligting, besoek Innibos se webwerf op www.innibos.co.za.

 ?? ?? Leon van Nierop en Ruan Wessels.
Leon van Nierop en Ruan Wessels.
 ?? ?? Ruan Wessels.
Ruan Wessels.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa