The Lowvelder

Skrywer stel boek bekend

-

MBOMBELA - Ilona Petzer, die bekende en geliefde plaaslike beeldende kunstenaar, het verlede Saterdag haar boek, Hartskos in die bos/Straatwys in Parys, saam met Innibos by die Damhuis Kutsaga op die Friedenhei­m-plaas bekendgest­el.

Tesame was daar ook ’n uitstallin­g van haar skilderkun­s en keramiekwa­re.

“Die grootsheid van die skepping is onder meer wat my inspireer wanneer ek my in die natuur bevind,” vertel Petzer, “maar net so het ek tydens verskeie kere se verblyf in Parys in die Cité Internatio­nale des Artes gevoel my kunstenaar­siel word op soveel uiteenlope­nde maniere gevoed.”

Die reisgogga het haar gebyt toe sy as lugwaardin gewerk het, en haar liefde vir die natuur is op sy beurt verdiep in latere jare se werk as gids in die Krugerwild­tuin. “Ek voel bevoorreg om te kan put uit hierdie twee wêrelde, en wou graag van my gedagtes daaroor neerpen.”

Die voorwoord is geskryf deur wyle Judith Mason, ’n vriendin en mentor van Petzer.

Om die boek te bestel, skakel Petzer by 082 893 6718.

Haar liefde vir die natuur is op sy beurt verdiep in latere jare se werk as gids in die Krugerwild­tuin

 ?? ?? Ilona Petzer.
Ilona Petzer.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa