The Lowvelder

Innibos en RSG bied radiod ram aslypskool

-

KAAPSEHOOP - Indien jy nog altyd ’n radiodrama wou skryf of dit dalk in die klaskamer wou inspan, is die slypskool, “Goddank vir klank”, deur Kobus Burger, waarnemend­e programbes­tuurder van RSG, net die plek waar jy meer daarvan te wete kan kom.

Dit is die eerste keer wat hierdie slypskool in die Laeveld aangebied word. Dit is op Donderdag en Vrydag 18 en 19 Augustus op Kaapsehoop en word moontlik gemaak deur die ondersteun­ing van die Nasionale Afrikaanse Toneelinis­iatief.

Burger gaan kursusgang­ers onder meer leer oor hoe ’n klankdrama geskryf word, wat ’n suksesvoll­e storiestru­ktuur behels, watter tegnieke ingespan kan word om ’n luisteraar te boei en hoe byklanke en perspektie­f benut kan word.

Leer ook sommer meer oor die storievert­elkuns en waarom dit nie net terapie vir die luisteraar is nie, maar ook vir die verteller. Lenore Zietsman is ’n plaaslike meestersto­rievertell­er en sal die slypskool Vrydagmidd­ag afsluit.

Die koste per persoon beloop R1 000 en sluit ligte etes in. Verblyf op Kaapsehoop is vir elke deelnemer se eie rekening. Daar is verskeie gastehuise en selfsorgge­riewe op die dorp beskikbaar.

Stuur ’n e-pos na annemarie@innibos. co.za om te bespreek.

Leer meer oor die storievert­elkuns en waarom dit nie net terapie vir die luisteraar is nie, maar ook vir die verteller

 ?? ?? Lenore Zietsman.
Lenore Zietsman.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa