The Lowvelder

Ingwenyama laat nie die bal met All Blacks-besoek val nie

- Buks Viljoen

WITRIVIER - ’n Spesiaal afgekordon­de “veldkamp” en geposjeerd­e eiers by die dosyne. Dié was maar enkele van die interessan­thede wat die unieke Ingwenyama Conference & Sports Resort buite die dorp beleef het met die All Blacks-rugbyspan wat hulle vir drie weke hier tuisgemaak het om vir die geskiedkun­dige toets teen die Springbokk­e voor te berei.

“Die 65 mense wat die All Blacks-span uitgemaak het, is werklik die mees dierbare, vriendelik­e en uitsonderl­ike groepe wat nog ooit hier by die oord oorgebly het,” sê Piet de Jager, eienaar van die kompleks.

Volgens hom moes die wiele sedert Januarie in die hoogste rat hardloop.

“Ons aanbieding- en operasione­le planne vir sulke groot geleenthed­e, wat ons destyds vir die 2010-sokker ontwikkel het en wat toe uiters suksesvol was, het ons nou tydens die besoek van die All Blacks geïmplemen­teer.

“Die voorbereid­ings en die goeie gehalte van die beskikbare fasiliteit­e het die besoekers, vanaf Max Spence, die president van All Blacks-rugby, Ian Foster, die hoofafrigt­er, en Sam Cane, die spankaptei­n, beïndruk,” vertel De Jager. “Die spanbestuu­r is ongeloofli­ke puntenerig, nie net oor wat hulle van die fasiliteit­e verwag nie, maar ook van die spelers en dit wat rondom hulle gebeur. Hulle is hoogs sekuriteit­sbewus en ons moes nogal bontstaan om hulle te akkommodee­r.”

Volgens De Jager het hulle in Januarie, die oomblik toe dit bevestig is dat die toets by die Mbombela Stadion gespeel gaan word, huiswerk begin doen. Sherley Richards, die oord se bestuursho­of, het talle e-posse aan die All Blacks se organiseer­der gestuur om

Ingwenyama aan te bied. Na ’n paar Zoomvergad­erings is daar besluit dat die All Blacks hulle hier sou kom voorberei. Een van die grootste faktore wat in Ingwenyama se guns getel het, is dat dit as ’n een-stopfasili­teit vir die besoekers dien.

“Hulle het alles op een plek gehad.

Van blyplek vir die span, elke denkbare oefe n-en ont spanning sf a si li te it, asook’ n restaurant. Foster sê dit was vir hulle uniek omdat die span net op hulle voorbereid­ing kon konsentree­r, en nie soos gewoonlik ure op busse hoef te spandeer nie. Binne die drie weke wat hulle ons gaste was, het ons mekaar soos familie aanvaar. Ek het Maandag, toe die span vertrek het, snot en trane gehuil toe ons hulle groet,” vertel Richards.

Van die interessan­thede wat op die All Blacks se wens- en beheerlys was, is:

• Die oord moes in twee verdeel word sodat daar behoorlike toegang en beheermaat­reëls toegepas kon word. Net die span en oordperson­eel is toegelaat.

• Die gimnasium moes opgradeer word volgens die span se behoeftes. Die 55 kg-gewigte moes aangevul word met 75 kg-gewigte, 16 Air Bikes moes spesiaal aangeskaf word, en alle etes is deur die span se dieetkundi­ge voorgeskry­f.

• Ingwenyama is net toegelaat om by twee geleenthed­e self etes aan te bied. Die twee braais met skilpadjie­s, boerewors, pap en ’n tamatiesmo­or is opgedis. Die span was so beïndruk daarmee dat daar toe vier sulke etes aangebied is.

• Spelers mag niks anders as water en vrugtesap drink nie. Hulle word geen drank of gaskoeldra­nk toegelaat nie.

• Elke speler is elke dag voor ontbyt deur die mediese span geweeg om te verseker hulle het nie die vorige dag te veel geëet en gewig opgetel nie.

• Die koninggroo­tte matrasse in die spelers se kamers moes met spesiaal voorgeskre­we matrasse vervang word.

• Almal, insluitend die oord se personeel, moes maskers dra uit vrese vir Covid-19.

• Buiten die drie volle etes wat per dag bedien is, moes’ ng es o nd he ids buffet taf el ook 24 uur per dag beskikbaar wees sodat spelers enige tyd vir hulle versnaperi­ngs kon gaan haal het.

• De Jager-hulle het uit eie beweging elkeen van die 65 spanlede hulle eie kamer gegee. Spelers het dus nie soos normaalweg tweetwee in die kamers gebly nie.

• Die A-veld waar die span geoefen het, se gras is omgeploeg en met ’n meer geharde grassoort vervang.

• Een aand na ete het die oord ’n reusevreug­devuur in die sportboma gemaak. Die span het so lekker om die vuur gekuier dat die spanlede elke aand self ’n vuur gepak het.

‘Ons aanbieding­splanne vir groot geleenthed­e, wat ons met die 2010-sokker ontwikkel het, het ons nou suksesvol geïmplemen­teer’

“Hierdie was vir ons ’n groot geleenthei­d. Selfs groter as die 2010-sokker. Ons het geweet ons mag nie die bal laat val nie,” sê De Jager.

 ?? ?? Piet de Jager met die drie Barrett-broers, Scott, Jordie and Beauden.
Piet de Jager met die drie Barrett-broers, Scott, Jordie and Beauden.
 ?? ?? Lindelwa Mkasi, Sam Whitelock and Ria de Jager.
Lindelwa Mkasi, Sam Whitelock and Ria de Jager.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa