The Lowvelder

Hugo se lewe word deur familie en vriende gevier

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Talle Crusaders en familieled­e het hierdie week eer aan hul geliefde Hugo Greyling (40) by die Nelspruit Rugbyklub kom betoon.

Greyling is op 26 Julie oorlede nadat hy ’n tyd lank in die hospitaal was as gevolg van ’n motorfiets­ongeluk.

Sy gedenkdien­s is op 9 Augustus gehou en was ’n ware viering van sy lewe. Sommige Crusaders-lede van so ver as Johannesbu­rg het die diens bygewoon.

Van alles wat oor sy lewe gedeel is, is een ding seker: hy het ’n blywende indruk op elke persoon wat oor sy pad gekom het gelaat, en was ’n steunpilaa­r vir sy familie en vriende.

Sy seun, Hugo jr, het die volgende woorde vir sy pa gehad:

“Dad,

“Waar begin ‘n mens? Die woorde is min, maar die herinnerin­ge is vol. Dad was altyd die een wat my aangemoedi­g het om aan te hou oefen, om iets van my lewe te maak. Elke rugbywedst­ryd wat ek speel, dra ek aan Dad op, en elke keer wat ek op my motorfiets klim, dink ek aan my guardian angel wat my sal oppas. Ek mis Dad ongeloofli­k baie en ek is vir ewig en vir altyd lief vir Dad. Tot ons weer ontmoet, my Dad. Filippense 4:13.”

Sy dogtertjie, Mikayla sê sy mis hom ook verskrikli­k baie. “Die ding wat ek die meeste mis, is dadda se lekker stywe, warm drukkies waar ek altyd veilig gevoel het. Ek was en is nog steeds veilig. Lief vir dadda.”

Sy vrou, Natasja, sê daar is soveel dinge wat sy nog vir hom wou sê, soveel om hom te vertel, en soveel wat sy nog saam met hom wou doen.

“Ek wou net weer jou stoutgat-smile sien, die lagplooie om jou oë as jy lekker lag. Ek wou jou hartklop teen my lyf voel as jy my vashou, jou arms om my voel en weet ek is veilig.

“God het Sy eie tyd met jou gehad, Sy plan vir jou lewe het nie nog tyd vir ons saam in gehad nie... En dis oukei, want die tyd wat ek jou by Hom kon leen het my lewe volmaak gemaak... Jý het my lewe volmaak gemaak...

“Dankie dat jy altyd my en die kids se rots was, dat jy altyd agter ons gestaan het, dat ons enigiets kon aanvat en jy was altyd daar. Dankie dat jy ons geleer het om sterk te wees, om vir onsself op te staan, om nederig te wees, om liefde te gee...

“Jou legacy sal in jou kinders en in jou boetas vir wie jy soveel onvoorwaar­delike liefde gehad het, voortleef.

“Lief jou vir ewig.”

 ?? ?? Crusaders-lede hou mekaar vas terwyl ‘Sound of Silence’ speel. Hugo se familie is in die agtergrond. Regs: Natasja, Hugo jr. en Mikayla Greyling hou mekaar vas ná hulle deur die erewag geloop het.
Crusaders-lede hou mekaar vas terwyl ‘Sound of Silence’ speel. Hugo se familie is in die agtergrond. Regs: Natasja, Hugo jr. en Mikayla Greyling hou mekaar vas ná hulle deur die erewag geloop het.
 ?? ??
 ?? ?? Hugo Greyling se foto, onderbaadj­ie en valhelm.
Hugo Greyling se foto, onderbaadj­ie en valhelm.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa