The Lowvelder

Eggenoot en pa ter ruste gelê

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Die blou van onthou was volop in die AGS Communio Kerk tydens Riaan van der Sandt (51) se begrafnisd­iens - die mense is gevra om iets blou dra, sy gunsteling­kleur.

Van der Sandt, die eienaar van Koenic Dunlop Zone Nelspruit, is op 5 Augustus tydens ’n sakeroof by Koenic geskiet en is op die toneel dood. Vier verdagtes is al in verband met sy moord gearrestee­r.

Past. Freddie Steenkamp het in die diens gesê die Here hou altyd Sy hand oor sy familie en vriende, ten spyte van én te midde van die warboel van emosies wat saam met ’n afsterwe gepaard gaan.

Twee vriendinne het die lied “Neon Moon” gesing, terwyl Van der Sandt se vrou, Adele, en sy drie kinders, Rochelle, Cherise en Hanroux, kerse aangesteek het ter ere aan hul geliefde man en pa.

Felicity Lange, ’n familievri­end, en Rochelle het roerende huldeblyke van gelukkige herinnerin­ge gelewer.

Uit sy kinders se briewe kan enigeen sien dat dié man sy kinders se held was.

‘My hart is gebreek, maar ek weet jy sal wil hê my hart moet heel word, en hy sal, want jy het my drie pragtige kinders gegee’

Cherise skryf: “My Pappa. My held, die man na wie ek die meeste opkyk, wat ek so liefhet. Dankie dat Pappa die beste is vir sy kinders, mooi na sy vrou kyk en die grootste familiemen­s is wat ek ken. Pappa is die persoon wat die life of the party is, wat dit love om te gaan kamp en die bosveld liefhet amper net so baie soos Mosambiek. Ek is vir ewig dankbaar dat Liewe Jesus my gekies het om Pappa se kind te wees.”

Hanroux het op sy beurt sy sussie se woorde beaam. “Pappa was die beste

Pappa ooit, ek kon nie vir beter vra nie. Pappa is altyd daar wanneer ek iets nodig gehad het. Pappa het my so baie ondersteun met alles wat ek gedoen het, ek is so dankbaar vir Pappa. Ek is ongeloofli­k baie lief vir Pappa. Pappa is my held en ek waardeer Pappa so baie.”

Ook Rochelle het nou ’n leemte in haar hart wat net haar Pappa kon vul. “My Pappa, daar is so baie wat ek kan sê. Pappa is ongeloofli­k.

“Pappa is sterk. Pappa is my hero. Ek het altyd so veilig by Pappa gevoel. Saam met Liewe Jesus dra Pappa ons deur al ons moeilike tye. Ons sal Pappa altyd in ons harte koester as die persoon wat ons altyd kon maak lag.

“Ek is so lief vir Pappa en ek weet Pappa gaan my hand vashou orals waar ek gaan.”

Adele sê as sy in die oggend haar oë oopmaak is hy by haar. As sy haar oë in die aand toemaak is hy by haar, “en nou... nou is jy nog steeds by my, in my hart. My hart is gebreek, maar ek weet jy sal wil hê my hart moet heel word, en hy sal, want jy het my drie pragtige kinders gegee wat my opbou, by my staan en wat my oneindige baie liefde gee. Hulle is my alles, alles, alles.

“Ek sal jou trots maak want I can do this, with you in my heart.”

Ook in sy moeder, Serah, en broer, Johan, se lewens was hy ’n absolute en onvervangb­are steunpilaa­r.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa