The Lowvelder

Innibos Teaterweek bring komedie en oopkopdram­a na die Laeveld

-

Innibos se Teaterweek skop binnekort af met ’n komedie en ’n drama waaroor daar nog lank nagedink gaan word.

Die twee teaterstuk­ke is van 1 tot 3 September in die Mbombela Stadsteate­r te sien.

Oudword is nie vir sissies nie, soos die geliefde karakter, Hans, in die skrywer

Rudie van Rensburg se topverkope­r,

Hans steek die Rubicon oor, lesers en radioluist­eraars reeds oortuig het. Nóú kom haal Hans sy streke in dié verwerking op die verhoog uit.

Die teks is verwerk deur Francois

Toerien, en Lizz Meiring behartig die regie. Akteur Charlie Bouguenon trek nie net

Hans se skoene aan nie, maar ook 15 ander karakters s’n.

Hans en sy trawante is miskien oud, maar nog lank nie koud nie. Hulle is reg vir rebellie teen Huis Madelief, die kinders wat die septer van ver oor die water oor sy lewe wil swaai, en sommer net alles wat sy onblusbare gees wil kniehalter.

Sy pogings om te ontsnap word telkens deur onder andere ’n drakoniese matrone in die wiele gery, terwyl Hans die een plan ná die ander smee.

Bouguenon sê van die grootste uitdagings in dié stuk is om die ellelange dialoog onder die knie te kry en om sommer “jare der jare” te moes verouder om die rol van die bejaarde Hans te speel. Kyk uit vir ’n onderhoud met Bouguenon in volgende week se Laevelder.

Die produksieh­uis is Leftfoot Theatre Production­s met die ondersteun­ing van die Nasionale Afrikaanse Teaterinis­iatief. Vertonings vir Hans steek die Rubicon oor is op Donderdag, 1 September, om 18:00, Vrydag, 2 September, om 20:00, en Saterdag, 3 September, om 10:00. Kaartjies kos R150 en is op Quicket te koop.

Die tweede toneelstuk sorg vir afwisselin­g van Hans en sy komiese streke.

’n Soeke na liefde is die deurlopend­e tema van die draaiboek, Plesiereng­el, uit die pen van Leon van Nierop. Die hoofkarakt­er se soektog loop weens tragiese omstandigh­ede ’n onkonvensi­onele en omstrede roete

- hy laat vroue swymel en word die hoogsbetaa­lde gigolo in die land. Tog behels die emosionele onderstroo­m soveel meer as wat op die oog blyk.

Die akteur, Ruan Wessels, vertolk die rol van Tristan, wie se verhaal, aldus Van Nierop, op die waarheid gebaseer is.

Hoewel die tema van die stuk oor onder meer bedsake handel, word dit ook met heelwat humor aangebied en is dit nie eksplisiet nie - daar is wel ’n ouderdomsb­eperking van 16.

Tristan se grootwordj­are was liefdeloos en traumaties, en onderligge­nd aan sy gigoloskap lê die eeue oue behoefte aan aanvaardin­g in ’n liefdevoll­e omgewing. Vanselfspr­ekend is dit juis die ironie in dié stelling wat ook in die drama ondersoek word. Bowenal is dit die menslikhei­d, en om sin van die lewe te maak, wat die botoon voer.

Wessels is bekend vir sy rolle in onder meer Binnelande­rs, Erfsondes, Dis ek, Anna en die teaterklug

Wie hyg so? Van Nierop het die teks tot draaiboek verwerk en die regie is deur Lihan Pretorius en Johan van der Merwe behartig.

Na afloop van die produksie se speelvak in Centurion, het Van Nierop Leftfoot Theatre Production­s geloof vir die wyse waarop hulle met die moeilike tema omgegaan het.

Vertoontye vir dié stuk is Vrydag, 2 September, om 17:00, en Saterdag, 3 September, om 15:00. Kaartjies is ook op Quicket beskikbaar en kos R150.

Die twee teaterstuk­ke is vanaf 1 tot 3 September in die Mbombela Stadsteate­r te sien

 ?? > Foto: Verskaf ?? Ruan Wessels.
> Foto: Verskaf Ruan Wessels.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa