The Lowvelder

Hofsaak gaan voort ná Carel se dood in 2020

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Op 1 Desember 2020 is ’n familie, skool en gemeenskap deur die afsterwe van

Carel Robberts ná ’n motorfiets­ongeluk op die hoek van Dr. Enos Mabuzaryla­an en Amaryllisl­aan geruk.

Carel was ’n matrieklee­rder aan Hoërskool Bergvlam en was sy ma se gentle giant, sy pa se trots en sy sussie se beste vriend.

Nou, ’n jaar en nege maande later, maak die bestuurder van die Toyota Fortuner wat ook in die ongeluk betrokke was, MG Potgieter, op 26 Augustus sy tweede verskyning in die Nelspruit Landdrosho­f.

Potgieter het die eerste keer op 24 Junie in dié hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag.

 ?? ?? Carel Robberts.
Carel Robberts.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa