The Lowvelder

Radiodrama­slypskool deur Innibos en RSG lewer hope kreatiewe idees

-

KAAPSEHOOP - Die inspirasie en kreatiewe woordskepp­ings het tydens Innibos en RSG se radiodrama­slypskool gevloei.

Dit is verlede week op dié dorpie gehou, onder leiding van Kobus Burger, die waarnemend­e programbes­tuurder van RSG.

Burger het die deelnemers behoorlik uitgedaag om op allerhande maniere aan hul woordskepp­ings in klank gestalte te gee. Verhaallyn­e, tegniese aspekte van die radiodrama en hoe om ’n radiogehoo­r onmiddelli­k “aan die ore te gryp”, was van die temas wat onder die loep gekom het.

“Die werk wat deur die deelnemers gelewer is, was van ’n uitstaande gehalte,” sê Burger.

“Ek hoop waarlik dat ons binnekort verskeie volwaardig­e radiodrama­s uit diegene se penne sal hoor.”

Die slypskool is met ’n sessie oor storievert­elkuns deur Leonore Zietsman van Mbombela afgesluit.

’n Borgskap van die Nasionale Afrikaanse Teaterinis­iatief het die slypskool moontlik gemaak.

 ?? ?? Agter: Kobus Burger, (boonste trap) Frances van Niekerk, Thea Boshoff, (middelste trap) Veronica van der Walt, Christell Olckers, Alita Steenkamp, (voor) Nadia Schwirzer, Louise Schoeman, Lizette van der Merwe en Annemarie van der Walt.
Agter: Kobus Burger, (boonste trap) Frances van Niekerk, Thea Boshoff, (middelste trap) Veronica van der Walt, Christell Olckers, Alita Steenkamp, (voor) Nadia Schwirzer, Louise Schoeman, Lizette van der Merwe en Annemarie van der Walt.
 ?? ?? Philna Scholtz, Leonore Zietsman, Kobus Burger en Annemarie van der Walt.
Philna Scholtz, Leonore Zietsman, Kobus Burger en Annemarie van der Walt.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa