The Lowvelder

Brunch met Brel ’n heerlike ontbytbede­rf

- Linzetta Calitz

Innibos se tweede aanbieding van Klassiek@Christie’s het Saterdagog­gend gesorg vir ’n laat ontbyt soos min.

Niël Rademan se stem en Elna van der Merwe se kundige hande op die klavier het saam die gehoor op een reis na die ander geneem toe hulle hul talente meesterlik laat saamvloei het.

Rademan het die verskillen­de nuanses van onder andere Danie Bosman en

Jacques Brel se musiek na vore bring. Innibos het dit vooraf as “’n nostalgies­e musiekprod­uksie gestroop van alle pretensie” beskryf - Rademan en Van der Merwe het beslis hierdie beskrywing gestand gedoen.

As ’n man van vele talente, is Rademan ook ’n vaardige trekklavie­rspeler. Saam het hy en Van der Merwe ’n tikkie ou Europa na die Laeveld gebring.

Na afloop van die vertoning het Innibos se Sandra Jacobs die duo bedank, waarna Rademan die fees geprys het vir hul bydrae tot die kunste.

 ?? ?? Elna van der Merwe en Niël Rademan.
Elna van der Merwe en Niël Rademan.
 ?? ?? Martie Joubert, Toitjie Muller en Wilma Pellissier.
Martie Joubert, Toitjie Muller en Wilma Pellissier.
 ?? ?? Christine Labuschagn­e, Annamarie van der Linde en Margo Lilly.
Christine Labuschagn­e, Annamarie van der Linde en Margo Lilly.
 ?? ?? David en Sheena Lawrence.
David en Sheena Lawrence.
 ?? ??
 ?? ?? Herman Bosua en Jaco van Rensburg van Barberton.
Herman Bosua en Jaco van Rensburg van Barberton.
 ?? ?? Koos en Erika Human.
Koos en Erika Human.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa