The Lowvelder

Finaliste kleur glansgelee­ntheid in

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Met vanjaar se Mnr. en Mej. NHS, was daar weer eens nie ’n tekort aan vermaak, glans en opwinding nie.

Twintig deelnemers én die Afrikaanse sangsensas­ie, Appel, het op 18 Augustus die gehoor se voete behoorlik laat jeuk.

Die beoordelaa­rs, Monique de Villiers, George du Toit, Jacques Lombard, Helgard Lourens en Lynmarie Griffioen, het glad nie ’n maklike taak gehad nie.

Die deelnemers het hul advertensi­es vir die hoofborge uiters kreatief uitgebeeld (party mag dalk selfs ’n toekoms in die kunste hê), en dan het hulle ook nog spoggerig in formele drag gepronk.

Elke finalis se formele aanddrag is spesiaal deur Griffioen gemaak. Die kledingstu­kke het nie net die tema, wit en swart met ’n titsel kleur, uitgebeeld nie, maar ook so ’n bietjie van elkeen se persoonlik­heid.

Elke deelnemer het reeds voor die geleenthei­d Kerry-Lee Wiehman se ateljee besoek waar daar kreatiewe foto’s van hulle geneem is. Hulle het intussen borge gewerf, stemopname­s en uitbeeldin­g van reklameadv­ertensies gedoen en geleer hoe om hulself op die loopplank te handhaaf.

Die paneel beoordelaa­rs het punte vir elke afdeling toegeken en hiervolgen­s is die wenners aangewys:

Mnr. en Mej. NHS: Zander Schoeman en Zoe Scheepers

• 1ste Prins en Prinses: Neelsie van Dyk en Ronel Basson

• 2de Prins en Prinses: Owen Steyn en Ashley Erasmus

• Mnr. en Mej. Fotogenies: Ian Wood en Ané van Niehaus

• Debutant van die jaar: Marco Smith.

Die skool het die komitee onder leiding van Kriekie Bekker hartlik bedank vir hul harde werk agter die skerms om hierdie produksie op die planke te bring.

’n Groot dankie van NHS se kant af gaan ook na al die hoofborge en diegene wat verantwoor­delik was vir die mooimaak van die deelnemers. Sonder hulle sou die geleenthei­d nie moontlik gewees het nie.

 ?? ?? Carla Louw.
Neelsie van Dyk.
Carla Louw. Neelsie van Dyk.
 ?? ?? Ashley Erasmus en Owen Steyn. > Foto: Mamarazzi Photograph­y Nelspruit
Ashley Erasmus en Owen Steyn. > Foto: Mamarazzi Photograph­y Nelspruit
 ?? ?? Ronel Basson en Neelsie van Dyk.
Ronel Basson en Neelsie van Dyk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa