The Lowvelder

Glorie op die horison vir onoorwonne NHS Rhinos

- Mark Kinnear

Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan kom Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Middelburg in the Noordvaal Plaatafdel­ingfinaal te staan.

Die Rhinos het verlede Saterdag in die kwarteindr­onde, ook op hul tuisveld, ’n puik 38-17-oorwinning oor Hoërskool Kemptonpar­k behaal, terwyl die Middies ’n wegholoorw­inning van 52-0 in die ander kwarteindr­onde teen Hoërskool Rustenburg behaal het.

Die Rhinos het Saterdag se wedstryd teen Kempies oorheers, veral met rotsvaste skrums en kanse wat goed benut is.

In die 13de minuut het die binnesente­r, Ricardo Correira, Nelspuit se eerste drie aangeteken. Die Rhinos het ná ’n skrum Kemptonpar­k se doellyn aangeval en Ricardo het deurgebree­k. Danny van Staden het die drie verdoel.

Kemptonpar­k het ná ’n hanteerfou­t van Nelspruit in besit van die bal gekom en die skrumskake­l, Keegan Trollip, het sy span se eerste drie aangeteken.

Die Nellies-stut, Ryan Venter, het in die 35ste minuut ná ’n 5 m-skrum oor die doellyn gebars en Danny het die doelskop deur die pale gestuur.

Net voor rustyd het Nelspruit ’n weggeedrie aangeteken. Die bal het van ’n skop van ’n Kempies-speler se lyf af gebons en die slot, Leonard Bornman, het opgetel en deurgehard­loop.

Die rustydtell­ing was 19-5 in NHS se guns. Kemptonpar­k het van die afskop van die tweede helfte af aanvallend­e kookwaterr­ugby gespeel. Hul agterlyn het met die bal gehardloop.

Die kaptein en flank, Sarel Erasmus, het vroeg nadat spel hervat is, oorgeduik vir ’n puik drie.

Nelspruit is deur die aanvallend­e spel van Kemptonpar­k verras, maar het hul wedstrydpl­an aangepas en gou weer beheer oor die wedstryd herwin.

Harde duikslae het nie net die Kemptonpar­kers gestuit nie, maar ook het hulle hanteerfou­te begaan as gevolg van Nellies se vinnige tempo verdedigin­g.

Danny het in die 42ste minuut die bal onderskep en met geen verdediger­s in sig nie, vir ’n drie deurgenael.

Hy was in die kol met die doelskop. Leonard het kort daarna sy tweede drie aangeteken, en ’n oorvleueli­ng na goeie aanvallend­e spel, het Nellies vyf punte besorg.

Francois Odendaal, NHS se 7-flank, het volgende gedruk nadat hy ’n perfekte aangee van Leonard ontvang het. Danny het die twee punte bygevoeg.

Kemptonpar­k het net voor die eindfluitj­ie ’n troosdrie aangeteken. Sarel het sy tweede een aangeteken.

Henco Potgieter het die drie verdoel.

NHS moes hard vir die oorwinning veg. Kempies het tot die einde met die bal gehardloop en net uitstekend­e verdedigin­g het verhoed dat hulle meer punte aanteken.

Nellies het te veel strafskopp­e afgestaan, maar Kemptonpar­k het verkies om kantlyn toe te skop eerder as om pale toe te mik.

Die wedstryd is in ware skoolseunr­ugbygees gespeel.

• Die finaal tussen Nelspruit en Hoërskool Middelburg belowe om ’n baie gelyke stryd te wees.

NHS het op 9 Junie op hul tuisveld die Middies met 28-5 oorheers.

Middelburg se eerste span het sedertdien baie verbeter en sal NHS se onoorwonne seisoen graag in die finaal wil beëindig.

Die Rhinos se kaptein, Drikus Greeff, het Laevelder vertel dat hulle nie vir Middies onderskat nie.

“Ons neem alles in ag rondom die MHSspan. Ons uitgangspu­nt vir die week is om nog steeds op onsself te fokus en om die een-op-een- geveg op die veld te wen. Ons tema bly find a way,” het hy gesê.

Die Rhinos is onoorwonne in die Noordvaalk­ompetisie.

“Die geheim van hierdie seisoen was die broederska­p tussen die spelers en die kultuur van die Rhinos-rugby,” het hy gesê.

Om vir die eerste span te speel, is ’n eer vir die spelers.

“’n Mens kan nie in woorde beskryf wat dit vir ons beteken om daardie wit trui oor jou kop te trek nie. Dit bly die grootste voorreg en dit is ’n groot verantwoor­delikheid wat ons as spelers het om die waardes en kultuur op die veld uit te leef,” het Drikus gesê.

Soos dit ’n kaptein betaam, het Drikus vanjaar die Rhinos by die voortou gelei.

“Dit was en is ’n groot voorreg om as kaptein vir die Rhinos te kan optree. Die groter prentjie beteken baie meer as die eie ek in ’n spanomgewi­ng.”

Hoërskool Nelspruit nooi alle oud-Nellies en rugbyliefh­ebbers om die Noordvaal Plaatafdel­ingfinaal by te woon.

 ?? ?? Ricardo Carreira het die eerste drie van die wedstryd aangeteken.
Ricardo Carreira het die eerste drie van die wedstryd aangeteken.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa