The Lowvelder

Gemeenskap betreur geliefde motorfiets­ryer

- Chelsea Pieterse

MBOMBELA - Medelye stroom van oraloor in vir die welbekende en geliefde motorfiets­ryer, pa, man en broer, Lean van Kradenburg (58).

Van Kradenburg, die president van Steelwings Lowveld, is kritiek beseer ná hy op 13 Augustus tydens ’n rit op sy HarleyDavi­dson op die KMI Lughawe-pad (R538) in ’n ongeluk was.

Hy is na ’n nabygeleë hospitaal geneem voor hy na Netcare Milpark Hospitaal in Johannesbu­rg oorgeplaas is, waar hy vir sy lewe geveg het.

Gebede en boodskappe van regoor die Laeveld het hom ’n spoedige pad na herstel toegewens, maar hy is op 28 Augustus oorlede.

“Dit is met groot hartseer en gebroke harte dat Steelwings Lowveld die verlies van ’n wonderlike man, dierbare vriend en president van ons klub, Lean van Kradenburg, betreur,” sê die maatskappy in ’n Facebook-plasing dieselfde dag.

“Vandag het jy vir ons almal een laaste keer totsiens gewaai toe jy die goue hoofweg na die hemel neem. Jy sal altyd onthou word, Pres! Ons dink aan Amanda, Zania, Charlotte en Tannie Louise. RIV, my president.”

Van Kradenburg se dogter, Zania, en vrou, Amanda, sal dié man in hulle lewe só onthou:

“Lean van Kradenburg, geliefde seun, man, pa, oupa en vriend vir baie. Jy was ’n kind van God. Almal wie se lewens jy aangeraak het, het jou liefgehad.

“Jy het jou passies vir baie jare as ’n suksesvoll­e entreprene­ur in die hidroulies­e industrie, as ’n Harley-Davidson-liefhebber, as ’n valskermso­ldaat en as ’n jagentoesi­as uitgeleef.

“Jy was betrokke by gemeenskap­sdiens en het jou tyd en geld vrylik gedeel het. Jy het ’n hart gehad wat groot genoeg was om almal in te pas en lewensless­e het jy vrylik gedeel. Jy het gehelp oral waar jy kon, en ’n pad saam met mense gestap. Jy was passievol en sterk, met ’n karakter wat almal se harte aangeraak het. Jy was ’n man op ’n missie om mense te maak lag en het Nelspruit waarlik ’n beter plek gemaak.

“Jy los ’n groot leemte vir almal wat jou geken het, en ons gaan jou verskrikli­k mis. Tot ons jou weer sien.”

Die viering van Van Kradenburg se lewe word op Saterdag, 10 September, om 11:00 by Trivista Farm, 1 km verby Elmswood op die R37, op linkerkant, gehou.

 ?? ?? Zarah van Aarde en Lean en Amanda van Kradenburg.
Zarah van Aarde en Lean en Amanda van Kradenburg.
 ?? ?? Zarah van Aarde en haar oupa, Lean van Kradenburg.
Zarah van Aarde en haar oupa, Lean van Kradenburg.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa