The Lowvelder

Eindfluitj­ie blaas, tóé reën die vuishoue

- Hermie Pienaar

MBOMBELA - Chaos het Saterdag in die stad uitgebreek toe spelers, onderwyser­s en ouers mekaar net na die Noordvaal-eindstryd tussen die o. 15-rugbyspann­e van Hoërskool Middelburg en Hoërskool Rustenburg getakel het.

Daar is intussen kriminele klagte by die polisie gelê.

Laevelder se susterpubl­ikasie, Middelburg Observer, het berig dat ’n o. 15-seun van Middelburg se kakebeen glo in die geveg afgeslaan is. Die vingers word nou heen en weer gewys oor wie die skuldige partye is.

Gert Lindeque, die adjunkhoof van Hoërskool Rustenburg en ’n bekende in rugbykring­e, word daarvan beskuldig dat hy by die voorval betrokke was.

Hy het gesê dat die hoërskool se beheerligg­aam tans besig met ’n ondersoek na die voorval is.

“Mense is nie bewus dat ek beeldmater­iaal het waar ek apart van die bakleiery staan en toe van agter af geslaan is nie,” het hy gesê.

Hy beweer ook dat daar van die kant van die veld af deur Hoërskool Middelburg ouers geskreeu is, “Bliksem vir Lindeque!”

Lindeque was voorheen die eers te span a frig t er by HTS Middelburg en is onder ’n donker wolk weg van die dorp nadat die werwing van spelers groot ongelukkig­heid in die gemeenskap veroorsaak het.

Hy beweer verder dat sy medeafrigt­er deur Hoërskool Middelburg se spelers van agter af getakel is.

Volgens hom het hy twee spelers uitmekaar probeer maak toe ’n ouer van Middelburg hom van agter af bygedam het.

Daar is ook volgens hom ooggetuies wat gesien het hoe ’n Middelburg-ouer Rustenburg se een stut geslaan het. Daar word ook beweer dat een van Middelburg se stutte die Rustenburg­hulpafrigt­er geslaan het, wat glo tot kriminele klagtes gaan lei.

Lindeque sê dat daar vorige gevalle was van wedstryde teen Hoërskool Middelburg waar daar opmerkings teenoor hom gemaak is.

Kort ná die onderhoud het hy ’n boodskap aan Middelburg Observer gestuur om verder met die beheerligg­aam se voorsitter, Bernhard Visser, te kommunikee­r.

’n Polisiever­klaring wat dié koerant onder oë gehad het, beweer dat ’n afrigter van Rustenburg een van Middelburg se spelers ná die eindfluitj­ie geblaas het, aan die keel gegryp het.

’n Ouer van Middelburg het die seun glo van die afrigter af weggetrek, waarop die ouer grond toe gestoei is.

Die ouer se seun het gesien dat sy pa op die grond getakel word en het die afrigters van sy pa afgestamp. Daarna is die seun na bewering met die vuis op sy regteroor, neus en mond geslaan.

Nog ’n speler van Hoërskool Middelburg is glo so hard van agter geslaan dat ’n beentjie in sy regteroog gebreek het.

Hoërskool Middelburg se hoof, Johan Stronkhors­t, het by navraag gesê die voorval is onaanvaarb­aar en dat verdere stappe oorweeg word. Kriminele klagtes is reeds deur twee van Hoërskool Middelburg se leerders by die polisie gelê.

Hoërskool Rustenburg se beheerligg­aam is tans besig met ’n ondersoek na die voorval

 ?? ?? > Foto’s: Hennie Homann/HH Photograph­y and Design
> Foto’s: Hennie Homann/HH Photograph­y and Design
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa