The Lowvelder

Die Laeveld is leeuwêreld

- Linzetta Calitz

MARLOTHPAR­K - Die karnivoors­pan het onlangs weer ’n waarskuwin­g uitgereik vir leeus in die park.

Gerrie Camacho, die MTPA se karnivoors­pesialis, sê daar was aanvanklik ’n wyfie met welpies, maar die mees onlangse besigtigin­g was ’n enkelwyfie wat hy as ’n rustige kat beskryf het.

Camacho sê dit is maar normale gedrag, omdat daar gedurende hierdie tyd baie druk op diere toegepas word rondom die rivier. Die park dien dan as ’n tipe heenkome.

Op die Facebook-blad, MARLOTH PARK - Paradise on Earth, is mense gewaarsku om versigtig te wees tussen Volstruis-, Wildgoose-, Renoster- en Olifantstr­aat.

Veldwagter­s patrolleer die gebied om enige ander bewegings te bevestig.

Op dieselfde groep is inwoners gewaarsku om versigtig te wees. Drawwers, stappers en fietsryers is gevra om die nodige sorg in die oggend en middag toe te pas. Ouers is ook aangeraai om kinders nie alleen te laat rondloop of speel nie.

 ?? > Foto’s: Verskaf ?? Die leeuwyfie wat onlangs gesien is.
> Foto’s: Verskaf Die leeuwyfie wat onlangs gesien is.
 ?? ?? • Veldwagter­s: 082 802 5894
• Nadine Edgecomb: 082 672 4545
• Gerrie Camacho: 082 353 9097
• Ernst Röhm/MTPA: 083 626 6309
• April Lukhele: 082 807 1057
• Jan Koekemoer: 063 053 7601.
• Veldwagter­s: 082 802 5894 • Nadine Edgecomb: 082 672 4545 • Gerrie Camacho: 082 353 9097 • Ernst Röhm/MTPA: 083 626 6309 • April Lukhele: 082 807 1057 • Jan Koekemoer: 063 053 7601.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa