The Lowvelder

Hou jy van troues? Kyk hiér...

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Wat begin het as ’n grappie tussen twee vriendinne het vinnigvinn­ig in ’n volskaalse Facebook-soeke na metgeselle ontaard.

Marunelle Hitge (27) van Mbombela en Janke Mulder (26) van Pretoria benodig metgeselle vir hul vriendin se troue aan die einde van November. Tydens hul weeklikse opvangsess­ie Maandag, het die twee eintlik gespot oor ’n “Facebook-advertensi­e” vir dié twee vakante poste, en kort voor lank is ’n skootreken­aar nader getrek en ’n pamflet ontwerp.

Nou, meer as 100 Facebook-deelbeurte later, het dié einste pamflet soos ’n veldbrand onder vriende wat dit deel versprei, en ander wat hul enkellopen­de vriende se name in die hoed gooi.

“Ons het die ouderdom bereik waar ál ons vriende trou, en as enkellopen­de meisies moet ons ons eie metgeselle reël. Die meeste van ons mansvriend­e is ook reeds getroud of in ernstige verhouding­s. Toe besluit ons om groot te gaan. Dalk op dié manier ontmoet ons jong hubare manne wat in die klein dorpies wegkruip,” sê die twee.

Alhoewel die kandidate se huweliksta­tus volgens die pamflet “ongetroud en onbetrokke” moet wees, is die twee vriendinne nou nie noodwendig op soek na hul troumanne nie.

Hulle het besluit om ’n vraelys op te stel om die koring van die kaf te skei.

“Die meeste van die vrae is opgestel met die doel om vir ons ’n goeie idee te gee van iemand se persoonlik­heid. Ons neem onsself nie te ernstig op nie en daarom is dit vir ons

Hulle is uit die veld geslaan met die oorweldige­nde reaksie binne een dag

belangrik dat ons metgeselle ook spontaan is; dis ook maar net ’n afspraak vir ’n troue.”

Die basiese vereistes is eenvoudig: ’n partytjied­ier wat van dans hou en uit die BBM- en Mxit-era afkomstig is.

Hulle sê hulle is uit die veld geslaan met die oorweldige­nde reaksie binne een dag die pamflet en meegaande vrae is Dinsdag gedeel, en teen Woensdagog­gend is die plasing reeds 123 keer gedeel.

Die bruid en bruidegom is glo ook heeltemal te vinde vir die idee.

“Ons is goeie vriendinne met die bruid. Sy en haar verloofde verslind saam met ons al die aansoekvor­ms en kommentaar op Facebook.”

Die plasing doen só goed, hulle spot en sê

Koer (’n Afrikaanse maatsoekto­ep) kan hulle dalk net binnekort uitkontrak­teer.

“Daar is beslis oulike aansoeke. As ons geweet het daar is soveel goeie jong mans daar buite, het ons dit al lankal gedoen!”

Die twee wat aansoek doen moet verkieslik bevriend wees, sê hulle. Hulle reken wie dan wie se metgesel gaan wees is ’n goeie vraag...

“Ons het ook hieroor gewonder,” lag hulle. “Die idee hier is nie noodwendig om potensiële kêrels uit te snuffel nie, maar eerder om twee vriende te kry wat saam met ons lekker in ’n groep kan kuier.”

Potensiële kandidate moet onder andere hulle beste optellyne gee, sê of hulle bier- of brandewynm­anne is (alhoewel die dames self ’n jenewer en tonikum geniet), sê of hulle kan sokkie, en ook vir die interessan­theid, watter liedjie tans nommer een op hulle speellys is.

Een van die die beste optellyne tot dusver is: “Is jy ’n rooibloeds­el? Want my hart het jou nodig.”

Dié twee boeremeisi­es is albei ekstrovert­e wat daarvan hou om die beste van enige sosiale geleenthei­d te maak. Hulle reken belangstel­lende mans kan uitsien na ’n onvergeetl­ike afspraak waar hulle gaan dans tot hulle voete seer is, lag tot hulle wange pyn en partytjie hou tot die son opkom.

Die afsnydatum vir aansoeke is 16 September, sodat hulle darem sal kans hê om die manne te ontmoet voor ’n finale besluit geneem word.

 ?? ?? Marunelle Hitge en Janke Mulder.
Marunelle Hitge en Janke Mulder.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa