The Lowvelder

Komedie en drama by Teaterweek

-

Ruan Wessels. > Foto: Verskaf

MBOMBELA - Innibos se Teaterweek skop binnekort af met ’n komedie en ’n drama waaroor daar nog lank nagedink gaan word.

Die twee teaterstuk­ke is vanaf

1 tot 3 September in die Mbombela Stadsteate­r te sien.

Oudword is nie vir sissies nie, soos die geliefde karakter, Hans, in die skrywer Rudie van Rensburg se topverkope­r,

Hans steek die Rubicon oor, lesers en radioluist­eraars reeds oortuig het. Nóú kom haal Hans sy streke in dié verwerking op die verhoog uit.

Die tweede toneelstuk sorg vir afwisselin­g van Hans en sy komiese streke. ’n Soeke na liefde is die deurlopend­e tema van die draaiboek, Plesiereng­el, uit die pen van Leon van Nierop. Die hoofkarakt­er se soektog loop weens tragiese omstandigh­ede ’n onkonvensi­onele en omstrede roete - hy laat vroue swymel en word die hoogsbetaa­lde gigolo in die land. Tog behels die emosionele onderstroo­m soveel meer as wat op die oog af blyk.

Die akteur Ruan Wessels vertolk die rol van Tristan, wie se verhaal, aldus Van Nierop, op die waarheid gebaseer is.

Kaartjies kos R150 en is by Quicket en by die deur te koop.

• Hans steek die Rubicon oor: Donderdag, 1 September, om 18:00, Vrydag, 2 September, om 20:00 en Saterdag, 3 September, om 10:00.

• Plesiereng­el: Vrydag, 2 September, om 17:00 en Saterdag, 3 September, om 15:00.

Vir meer inligting, bel Philna Scholtz van Innibos by 072 211 3565.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa