The Lowvelder

Musiekkons­ert samel oor die R16 000 vir hospice in

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Op Sondag 14 Augustus het die Gereformee­rde Kerk Nelspruit ’n pragtige musiekkons­ert, Lied Lof Lewe, ten bate van Nelspruit Hospice aangebied.

Die konsert was só ’n reusesukse­s dat die kerk ’n allemintig­e R16 040 tydens die geleenthei­d ingesamel het.

Die deelnemers was gewillige plaaslike orreliste en kore wat hul talente gratis aangebied het ten einde die middagkons­ert moontlik en onvergeetl­ik te maak.

Marietjie de Jager, die gemeente se orrelis, het die middag met sagte orrelspel ingewy. Alta van Zyl, Herman van Duyker en Reon van Aardt het die gehoor behoorlik met ’n verskeiden­heid liedere bederf wat op die kerk se besonderse pyporrel uitgevoer is.

Laerskool Nelspruit se seniorkoor, onder leiding van Isabel van Veenhuysen, en Hoërskool Nelspruit se Bel Canto Meisieskoo­r, onder leiding van Elet Kruger, het uitmuntend­e koorsang gelewer.

Die middag is met koffie, tee en koeksister­s afgesluit. Die kerk het Konica Minolta as hoofborg bedank, asook plaaslike entreprene­urs, Krummels en Kroos en Marja Meraai.

 ?? > Foto’s: Verskaf ?? Hoërskool Nelspruit se Bel Canto Meisieskoo­r.
> Foto’s: Verskaf Hoërskool Nelspruit se Bel Canto Meisieskoo­r.
 ?? ?? Linda Venter en Landi Bezuidenho­ut.
Linda Venter en Landi Bezuidenho­ut.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa