The Lowvelder

Innibos bied vrolike familiefee­s in die buitelug

-

MBOMBELA - Innibos gaan die somer tegemoet met ’n buitelugfa­miliefees met ’n propvol musiekprog­ram, talle uitstaller­s, ’n prettige kinderprog­ram en nog vele meer. Dit is op Vrydag, 30 September, en Saterdag, 1 Oktober, by Kwanyoni

Lodge buite die stad.

Dit is by uitstek ’n fees vir die hele gesin en beloof om, getrou aan Innibostra­disie, iets vir almal, van speenoud tot beenoud, te bied.

Die fees skop om 15:00 die Vrydag af en feesganger­s kan gesellig saamkuier terwyl die stalletjie­s besoek word.

Daar is ook ’n opwindende skattejag vir kinders, terwyl besoekers verskeie bekende kykNET-akteurs in lewende lywe sal kan ontmoet.

Om 17:00 skop die musiekprog­ram af met 0260 Duo, Reën, Jan Jan Jan, Bernice West en Ricus Nel - sorg dat jou dansskoene afgestof is.

Op Saterdag open die hekke om

10:00 vir ’n volgepakte en bedrywige program. Verskeie demonstras­ies word deur die dag op die stoep van Kwanyoni Lodge aangebied. Kom leer hoe om wors te maak, herwonne artikels mooi te maak met Tjokopaint, toets jou 4x4vaardig­hede en nog vele meer.

Die manne met die baarde moet sommer nou al inskryf vir die Innibos Baardkompe­tisie. Dié met lang baarde, mooi baarde, stoppelbaa­rde of die rooiste baard staan ’n kans om lekker pryse los te slaan.

Of wil jy dalk kom beenwys in die Boerboel Bene-kompetisie? Mans én vroue kan vir dié kompetisie inskryf.

Inskryfvor­ms vir die kompetisie­s is op die Innibos-webblad by innibos.co.za, of stuur ’n e-pos na adelene@innibos.co.za.

Riaan Loubser sal feesganger­s ook vermaak as die Mentalist, terwyl die gewilde rubriekskr­ywer, Blouwillem Theron, en van die Pumas-spelers oor rugby en alles en nog wat gesels.

Buiten die stalletjie­s is daar ook ’n bier- en wyntuin waar daar gesellig saamgekuie­r kan word. Vir die jong kinders is daar ’n spesiale program.

Saterdagaa­nd se musiekspys­kaart spog met Coenie Naudé, Droomsindr­oom, Refentse, Irene-Louise van Wyk,

Snotkop en Soul Taxi.

Kaartjies vir die Innibos Buitelug Familiefee­s kos R100 vir Vrydag en R150 vir Saterdag. Pensioenar­isse betaal slegs R50 en voor- en laerskoolk­inders geniet gratis toegang.

 ?? ??
 ?? ?? Bernice West.
Coenie Naudé.
Jan Jan Jan.
Bernice West. Coenie Naudé. Jan Jan Jan.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa