The Lowvelder

Rhinos sit vir Middies ore aan

- Stefan de Villiers

Hoërskool Nelspruit se Rhinos het hul plek in die Noordvaal-bekerliga ingeneem, en ondersteun­ers is dit eens dat dit presies is waar hulle hoort.

Dit volg na ’n spogoorwin­ning van

23-16 oor Hoërskool Middelburg en ’n daaropvolg­ende promosie op eie bodem Saterdagmi­dddag - dieselfde dag wat die skool se Baby Whites (o. 16-span) korte mette van Montana gemaak het, om ook as die Noordvaal-plaatafdel­ingkampioe­ne gekroon te word.

Die Rhinos het vroeg in die wedstryd reeds die oorhand in gebiedsvoo­rdeel en balbesit gekry, alhoewel die Middies onverpoosd op die agtervoet terugbakle­i het. Die Rhinos, wat koelkop hulle pogings in punte omskep het, het teen rustyd 15-0 voorgeloop. Dít nadat stut Duard Diechmann eerste agter die doellyn gaan kuier het, gevolg deur die buitesente­r, Drikus Greeff, kort voor rustyd.

Danny van Staden het een hiervan verdoel, en een strafdoel.

Met die aanbreek van die tweede helfte het NHS hulle strategie om in Middies se gebied te boer, voortgesit, maar die besoekers het voet by stuk gehou en ’n tweede asem het ’n byna onstuitbar­e teenaanval tot gevolg gehad.

Grant de Jager het diep in die tweede helfte die eerste punte vir Middies aangeteken. Die gety het oënskynlik gedraai en toe die Rhinos hulle weer kon kry, was hulle twee punte agter ná ’n drie deur Fumani Chauke en Luke Geldenhuys, met ’n suksesvoll­e doelskop deur AJ Oberholzer.

NHS het weer die hef in die hand gekry na ’n drie deur Francois Odendaal, maar oorgretigh­eid was die besoekers se

Achilleshi­el, en ’n besluit om eerder kantlyn toe te skop as om die drie punte te neem en sake gelykop te maak, het dié span duur te staan gekom toe hulle ’n strafskop reg voor die doellyn moes afstaan.

Die laaste spyker in die doodskis was ’n strafskop deur Danny kort voor die eindfluitj­ie. Die rugbydirek­teur, Hennie Skorbinski, het die belangrikh­eid van hierdie wedstryd asook die Baby Whites se oorwinnig van 27-17 vroeër die dag beklemtoon, en gesê dat een ding van hierdie twee spanne is dat hulle weet hoe om te wen.

“Daar het baie emosies deur ons almal gegaan toe die eindfluitj­ie Saterdag geblaas het. Dit het so baie vir ons beteken. NHS se rugbyspann­e sal nou in 2023 tot die Bekerafdel­ing bevorder word. Ons is reeds besig met die beplanning daarvan vir volgende jaar,” het hy gesê.

“Ons het ons harte uit gespeel.

Dit was ’n baie emosionele oomblik toe ons gewen het. Ons sou nie die knoop deurhak as dit nie vir die aanmoedigi­ng van die onder-steuners was nie. Dankie aan al die leerders, ouers, oud-Nellies en vriende van NHS vir die ondersteun­ing!” het die eerstespan­kaptein, Drikus, gesê.

“Ons is baie trots op die seuns en die afrigters. Dit was ’n besonderse rugbyseiso­en vir NHS. Ons bedank graag die borge en ouers wat vanjaar bankvas agter die rugby gestaan het,” het die skoolhoof, Johan Hattingh, gesê.

Oor die Baby Whites se oorwinning oor Montana het die afrigter, Johan Pretorius, sy lof oor die Nellie-guts wat dié span getoon het, uitgespree­k.

“Dit was ’n moeilike eerste 10 minute,” het Pretorius gesê, en bygevoeg dat dié taai stryd en uiteindeli­ke oorwinning baie vir NHS se rugbytoeko­ms beteken.

Die Rhinos het vroeg reeds gebiedsvoo­rdeel geniet en balbesit gekry, alhoewel die Middies onverpoosd terugbakle­i het

 ?? ?? Die oomblik toe skeidsregt­er Alex Jonker die eindfluitj­ie blaas en NHS besef hulle is die Noordvaal-plaatafdel­ingkampioe­ne.
Die oomblik toe skeidsregt­er Alex Jonker die eindfluitj­ie blaas en NHS besef hulle is die Noordvaal-plaatafdel­ingkampioe­ne.
 ?? > Foto’s: Johan Orton - SASPA ?? Francois Odendaal druk die wendrie.
> Foto’s: Johan Orton - SASPA Francois Odendaal druk die wendrie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa