The Lowvelder

Oorlewende sterk aan ná lugramp

- > Foto: SAPS Facebook Buks Viljoen

MBOMBELA - Kapt. Cas Swanepoel, die vlieënier van die polisie se Pilatus PC-6 Porter-vastevlerk­vliegtuig wat verlede week tydens opstyging geval het, se toestand is steeds ernstig maar stabiel.

Swanepoel, wat sedert 2009 as boordbeman­ning vir ’n helikopter van die polisie se lugvleuel in die stad gewerk het, het kritiese beserings opgedoen toe sy tuig kort na opstyging by die Rand Lughawe in Johannesbu­rg uit die lug getuimel het.

Sy bemannings­lid, AO Rassie Erasmus, asook vier tegnici van Safomar Aviation, is op slag dood.

Hulle is Heidi Malinga, Masia Nkala, Ipfi Netshifhef­he en Petrus Venter.

Swanepoel het verskeie beenbreuke tydens die ongeluk opgedoen. Hy het die afgelope week verskeie operasies ondergaan om sy gebreekte bene en arms te spalk.

Tydens een van die operasies het ’n plastiese chirurg verskeie diep snywonde aan sy gesig en kop geheg.

Hy is na die Netcare Alberton Hospitaal geneem waar hy in een van die beste traumaeenh­ede in die land behandel is.

Hy is voortduren­d in ’n geïnduseer­de koma gehou. Sy toestand het sodanig verbeter dat hy Sondag bygekom het en by sy volle positiewe was.

Volgens ’n nabye vriend van die Swanepoel-familie (Swanepoel se pa, ook Cas, is ’n afgetrede polisieman) was daar vreugde oor sy positiewe reaksie, omdat daar tot dusver nog nie vasgestel kon word hoe ernstig sy hoofbeseri­ngs is nie.

Die vriend het gevra om nie geïdentifi­seer te word nie, juis omdat die familie (onder meer sy ma Estelle en sy vrou Hanekke) steeds in erge skok en trauma is.

Nadat hy bygekom het, het hy gereageer as daar met hom gepraat is, maar kon hy nie praat weens die lugpype van die ventilator wat in sy keel was nie.

Volgens ’n bron by die hospitaal is Swanepoel Dinsdag van die ventilator afgehaal en haal hy op sy eie asem.

“Oor die algemeen gaan dit goed met hom, en die familie spreek hulle waardering uit vir die ondersteun­ing wat hulle in hierdie tyd kry,” het kol. Jaco Botha, bevelvoerd­er van die Johannesbu­rgse Lugvleuel, gesê.

Ooggetuies het kort voor die ongeluk gesien hoe die vliegtuig se regtervler­k na bewering opgewip en afgeskeur het.

Die vliegtuig het sowat 150 m van waar die vlerk afgeskeur het, geval.

Alhoewel die ongeluk steeds ondersoek word, dui getuienis daarop dat die vlerk afgebreek het toe die vlerkstut se hegpunt gebreek het.

Die ondersteun­ingstut is tussen die vlerk en die vliegtuig se romp.

Foto’s wat op sosiale media in omloop gekom het, wys onder meer die gebreekte stut, die hegpunt op die vlerk asook die stuk van die punt wat tydens die opstyging gebreek het.

Intussen is daar volgens lugvaartke­nners met diepgaande kennis van die ongeluk steeds ’n toutrekker­y tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse Burgerlugv­aartowerhe­id oor wie die ondersoek gaan lei.

’n Ondersoeks­pan van Pilatus in Switserlan­d, die vervaardig­ers van die vliegtuig, het glo ook reeds in die land aangekom om ’n ondersoek te doen.

Swanepoel sr. wou nie die week met die media praat nie.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? > Foto’s van toneel: FlyAfrica Facebook
> Foto’s van toneel: FlyAfrica Facebook
 ?? ??
 ?? ?? Cas Swanepoel.
Cas Swanepoel.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa