The Lowvelder

Delta-substasie ’n bron van kommer

- Buks Viljoen

MBOMBELA - “Die enigste ding in my lewe wat elke dag klokslag presies op tyd is, is dat die Delta-kragstasie se krag afgaan. Ons maak nou al elke dag gereed om tussen 17:30 en 18:00 sonder krag te sit, omdat die betrokke substasie opkonk.”

Só sê ’n moedelose Antoinette Hammond, een van die vele gefrustree­rde inwoners met die stad sevoortsle­pende kragonderb­rekings.

Die 43-jarige Delta-substasie dra grootliks tot kragonderb­rekings in die stad by.

Maandagmid­dag is die krag vir die soveelste keer onderbreek toe ’n geleistang­isolator onklaar geraak het.

Nadat herstelwer­k gedoen is, kon die krag sewe uur later weer aangeskake­l word.

In April het gemoedere onder inwoners so hoog geloop dat ’n dringende gemeenskap­svergaderi­ng belê is.

Die topbestuur van die Stad van Mbombela Plaaslike Owerheid, insluitend­e Sibongile Makushe, die burgemeest­er, Wiseman Khumalo, die munisipale bestuurder, en William Nkatha, die raad se speaker, is genooi. Tydens die vergaderin­g het dit duidelik geblyk dat die seniorbeam­ptes nie verwag het dat hulle só deur die bykans 100 inwoners geroskam sou word nie.

Verskeie beloftes, waaronder dringende ingryping deur middel van herstelwer­k, ’n nuwe kragplan en beter instandhou­ding, is gemaak. Die raad het toe gesê ’n uitgebreid­e kragplan sou binne vier weke ter tafel gelê word.

Weke later is die belofte steeds nie nagekom nie. Hoewel ’n plan opgetrek is, is dit nog nooit aan die publiek bekendgema­ak nie. Verskeie verskoning­s, soos die goedkeurin­g van die geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan (IDP), wat eers voor die raad gelê en goedgekeur moet word, is voorgehou.

Dit is nou vyf maande later.

Die gemeenskap is dit eens dat die raad ’n massiewe tekort aan kundigheid en geld het om die erg verouderde Delta-substasie in stand te hou.

Die substasie is reeds in 1979 gebou, en het ’n lewensduur van 30 jaar. Die tydperk het in 2009 verstryk, maar daar is minimale opgraderin­gswerk gedoen om die lewensperk met nog 10 jaar te verleng.

In 2016 is die munisipali­teit reeds gewaarsku dat daar dringende voorsorg getref moet word vir die bou van ’n nuwe substasie. ’n Jaar later is prof. Johan Delport aangestel om die komende krisis te ondersoek en met ’n plan van aksie vorendag te kom.

Die verslag is in 2019 ter tafel gelê, goedgekeur en voor begroot. Dit sou toe R180 miljoen kos om die nuwe stelsel te bou en in werking te stel.

Die plan is in 2020 van die tafel gevee met die aanstellin­g van Sipho Sibeko as die nuwe bestuurder van die departemen­t van energie.

“Vyf maande het sedert die noodvergad­ering verloop, met min vooruitsig­te dat die krisis binnekort opgelos gaan word,” het ’n inwoner wat anoniem wil bly, gesê.

’n Ander het gemor: “Hoe is dit moontlik dat die kragtoevoe­r die heel dag oukei is, en as die klok 18:00 slaan, is dit donker?

“Die enigste ding wat nou vervang moet word is om die Delta-substasie na wie de hel weet waarheen te verban.”

Joseph Ngala, die woordvoerd­er van die munisipali­teit, het teen die ter perse gaan nog nie op navrae gereageer nie.

 ?? ?? Die berugte Delta-kragstasie by ’n vorige fout.
Die berugte Delta-kragstasie by ’n vorige fout.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa