The Lowvelder

Plesiereng­el ontbloot jongman se siel

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Tweede aan die beurt by Innibos se Teaterweek op 2 September was Plesiereng­el, waarin die gehoor die hoofkarakt­er se deurlopend­e soeke na liefde aanskou.

Die stuk is op Leon van Nierop se roman met dieselfde titel gebaseer, met Ruan Wessels wat sy plek op die verhoog inneem in die rol van Tristan Hansen.

Weens naaktheid in die stuk en die feit dat dit oor bedsake handel, is daar ’n ouderdomsb­eperking van 16, maar dit word glad nie eksplisiet aangebied nie. Die verhaal is op ware gebeure gebaseer en volg Tristan se liefdelose en traumaties­e grootwordj­are.

Hy word 'n hoogsbetaa­lde gigolo wat sy kliënte op die hande dra; tot op die punt waar hulle geen ander man as hy wil hê nie. Maar steeds is daar die konstante soeke na liefde, wat veral spruit uit sy verhouding met sy ma wat hom nog altyd koud behandel.

Tog, soos hy as jongmens sy pad deur die lewe vind en daarvan probeer sinmaak, leer hy om homself lief te hê.

Van Nierop het die teks tot draaiboek verwerk en die regie is deur Lihan Pretorius en Johan van der Merwe behartig. Van Nierop het Leftfoot Theatre Production­s op ’n vorige geleenthei­d geloof vir die wyse waarop hulle met die moeilike tema omgegaan het.

Soos hy as jongmens sy pad deur die lewe vind en daarvan probeer sin maak, leer hy om homself lief te hê

 ?? ?? Henry-John Williams, Janel Coetzee en Janine Brewis.
Henry-John Williams, Janel Coetzee en Janine Brewis.
 ?? ?? Ruan Wessels.
Ruan Wessels.
 ?? ?? Finkie Wolmarans en Michelle de Beer.
Finkie Wolmarans en Michelle de Beer.
 ?? ?? Tobie en Zonika van der Vyver.
Tobie en Zonika van der Vyver.
 ?? ?? Thea Rix en Marlese van Veen.
Thea Rix en Marlese van Veen.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa