The Lowvelder

Een persoon word 15 in Innibos-teaterstuk

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - So kom Innibos se Teaterweek tot ’n einde en die stad se mense is weer so 'n tikkie teaterkult­uur ryker.

Hans steek die Rubicon oor was die eerste om dié week op 1 September by die Mbombela Stadsteate­r af te skop.

Charlie Bouguenon was die ster van hierdie eenmanvert­oning gebaseer op die skrywer, Rudie van Rensurg, se topverkope­r van dieselfde titel.

Met Francois Toerien se verwerking en Lizz Meiring se regie het Bouguenon nie net die hoofkarakt­er, Hans, se skoene volgestaan nie, maar ook dié van 15 ander karakters.

Met die blote veranderin­g van sy gesigsuitd­rukking en lyftaal het hy voor die gehoor se oë konstante gedaanteve­rwisseling­s ondergaan - daar was geen twyfel oor watter karakter hy op ’n spesifieke tydstip vertolk het nie.

Vir ’n man wat aan 40 se deur klop, het hy ’n baie oortuigend­e inwoner van Huis Madelief, ’n huis vir bejaardes, gemaak.

Die matrone van dié huis se diktatorsk­ap het vinnig onder Hans en sy bende se streke getuimel; soveel so dat hardkoppig­e Hans, wat eens op ’n tyd alles in sy vermoë probeer het om uit die “tronk” te ontsnap, vasberade is om nou daar aan te bly en sy rol as die leier van sy nuut gestigte party, die Progressie­we Organisasi­e vir die Emansipasi­e van Patriotte (POEP), vol te staan.

 ?? ?? Charlie Bouguenon.
Charlie Bouguenon.
 ?? ?? Estie en Pieter Woest en Carel Kruger.
Estie en Pieter Woest en Carel Kruger.
 ?? ?? Diddy en Tobie de Bruin.
Diddy en Tobie de Bruin.
 ?? ?? Mac en Ellen McDonald.
Mac en Ellen McDonald.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa