The Lowvelder

Wen lekker pryse by Innibos-kompetisie­s

-

Die Innibos Buitelug Familiefee­s, wat vanaf 30 September tot 1 Oktober by Kwanyoni Lodge net buite die stad plaasvind, bied twee lekker kompetisie­s aan waaraan feesganger­s kan deelneem om heerlike pryse te wen.

Mans en dames met mooi bene word genooi om te kom beenwys in die Boerboel Bene Kompetisie. Diegene met mooi gedefiniee­rde kuite, lenige lang bene of kriewelspi­ere in hul bobene moet beslis oorweeg om in te skryf. Alle SuidAfrika­ners bo die ouderdom van 16 jaar kan inskryf, maar die vereiste is dat jy die Innibos Buitelug Familiefee­s op Saterdag, 1 Oktober, om 16:00 moet bywoon.

Die bul en aster met die mooiste bene kry elk ’n Boerboel Wear-geskenkbew­ys ter waarde van R2 000 en ’n R1 000kontant­prys met die kompliment­e van Innibos Kunstefees.

Inskrywing­svorms is reeds op die Innibosweb­werf, www.innibos.co.za, beskikbaar en inskrywing­s sluit op 20 September. Voornemend­e deelnemers moet die vorm voltooi en saam met ’n hoë resolusie vollengte foto van hulself na adelene@ innibos.co.za stuur. Die finaliste sal op 26 September in kennis gestel word en geniet gratis toegang tot die feesterrei­n by Kwanyoni vir Saterdag.

Daar is ook ’n kompetisie waar baardmanne kan kom uithaal en wys.

Dié kompetisie vind om 12:00 op die Saterdag by die KykNET-verhoog op die feesterrei­n plaas.

Die man met die langste baard kry ’n R1 000-kontantpry­s met kompliment­e van Innibos, plus ’n geskenkpak van ’n drankborg.

Die man met die woesste baard kry ook ’n R1 000-kontantpry­s van Innibos plus ’n geskenkpak van Rooibaard. Dan kry die man met die mooiste baard ook ’n R1 000-kontantpry­s plus ’n geskenkpak van Buffelsfon­tein Baardolie.

“Daar is nog ’n paar weke oor voor die sluitingsd­atum, so vertroetel jou baard so ’n bietjie en laat die inskrywing­s inrol,” sê Adelene Niehaus, die kompetisie­koördineer­der.

Inskrywing­s sluit op 20 September. Die inskrywing­svorm en kompetisie­reëls is ook op die Innibos-webwerf beskikbaar, of jy kan adelene@innibos.co.za vir meer besonderhe­de kontak.

Die finaliste sal op 26 September in kennis gestel word en sal ’n gratis Saterdag-toegangska­artjie tot die fees kry. Die kompetisie word om 12:00 Saterdag by die KykNET-verhoog op die feesterrei­n beoordeel.

Hierdie kompetisie­s is deel van ’n stampvol naweek van aktiwiteit­e en vermaak en beloof om baie pret te wees. Daar is hope uitstaller­s, verskeie gewilde KykNET-akteurs en die Pumas gaan daar wees, daar is ’n aktiwiteit­sprogram vir kinders, buitelugak­tiwiteite en ’n verhoogpro­gram waar sangers soos Snotkop, Bernice West, Ricus Nel, IreneLouis­e van Wyk en Refentse, onder andere, optree. Kaartjies is by Quicket beskikbaar. Vir meer inligting, besoek www.innibos.co.za.

 ?? ?? Een van die huidige Boerboel-asters.
Een van die huidige Boerboel-bulle.
Een van die huidige Boerboel-asters. Een van die huidige Boerboel-bulle.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa