The Lowvelder

Entreprene­ur van die week

- Remo Lombard

Vir Remo Lombard, ’n gesoute Weskusser wat nou sy wortels in die Laeveld kom plant het, voel dit asof hy met ’n hamer en ystersaag in die hand gebore is.

Van kindsbeen af was hy versot daarop om aan alles te karring en timmer. As dit nie ’n stuk yster is wat hy saag nie, was dit ’n stuk hout wat onder ’n beitel deurgeloop het.

By die Weskus het hy vir lank op ’n plaas gewerk waar hy allerhande take verrig het. Onder meer het hy sweis- en staalwerk gedoen en ook meubels gemaak. As enkelpa het sy hart egter Laeveld toe getrek om nader aan sy kinders te wees. “Toe ek onlangs hier aangeland het, was ek platsak. Maar ek het geweet ek het vir lank genoeg my besonderse kunswerk met metaal onderdruk,” vertel Lombard.

Hy huur tans ’n huisie op die Claremontp­ad, en dit is dan ook hier waar hy met ’n paar stukkies geleende toerusting metaalkuns­werke skep.

Een van sy “monumente” wat hy na ’n kort tydjie in die Laeveld staangemaa­k het, is al die kunswerke en ander items in die bekende Die Stoor se onthaalsaa­l, op die Claremont-pad.

Van sy uitsonderl­ike kunswerke pryk ook teen die mure van een van die gastehuise op dié pad. “Ek maak al my kuns uit afvalmetaa­l. Ek skuur, sweis, buig, boor, hamer, ets dit en laat dit selfs buite om te roes, sodat ek die regte effek kan kry.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Lombard maak ook enige kunswerk op bestelling. Skakel hom by 060 498 7060.
Lombard maak ook enige kunswerk op bestelling. Skakel hom by 060 498 7060.
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa