The Lowvelder

Geniet vanjaar dié buitelugdi­nge saam met Innibos

-

Prettige aktiwiteit­e vir die hele gesin is presies waaroor Innibos se Buitelug Familiefee­s oor twee weke by Kwanyoni Lodge gaan.

Daar is iets vir elke smaak en ouderdom. Die fees skop Vrydagmidd­ag, 30 September, om 15:00 af wanneer die hekke open. Kaartjies kos R100 en is vooraf by Quicket te koop. Pensioenar­isse betaal slegs R50 en toegang is gratis vir voorskools­e en laerskoolk­inders.

Sommer met die wegsprings­lag kan die jongspan aan ’n skattejag met lekker kopkraplei­drade deelneem en allerlei pryse in die sak steek. Die kinderarea is naby die kuierstoep van Kwanyoni Lodge, en die res van die naweek sal daar verskeie opwindende doendinge aangebied word alles gratis.

Om 16:00 hou Nitali Re-Invented Decor ’n demonstras­ie op die kuierstoep van hoe om van weggooigoe­d mooigoed te maak, onder meer deur Tjoko Paint te gebruik. Kom leer waarom dit nie ’n huis se prys hoef te kos om jou huis goed te laat lyk nie.

In die Klipspring­er-buitelugar­ena kan daar onder andere aan boogskiet, teikenskie­t en ’n oulike bestuuruit­daging teen ’n geringe fooi deelgeneem word.

Van 17:00 tot 18:00 is dit feesganger­s se kans om verskeie bekende kykNET-akteurs sommer daar op die kuierstoep van aangesig tot aangesig te ontmoet, en om 18:00 begin die joligheid by die musiekverh­oog saam met 0260 Duo, Reën, Jan Jan Jan, Bernice West en Ricus Nel.

Saterdag open die hekke om 10:00. Kaartjies vir dié voldag kos R150 vooraf by Quicket en R50 vir pensioenar­isse. Jong kinders kan dit steeds gratis bywoon.

Kom snuffel op jou tyd deur die talle stalletjie­s, en maak seker jy loop nie die opwindende kuierstoep­program mis nie. Kom leer hoe om wors te maak saam met Bergendal Slaghuis, vis te vang saam met die manne wat wéét hoe, hoe om herwinde artikels in te span om ’n tafel mooi te maak saam met Nitali, of kom kyk of jy die kykNET-sterre met jou koekversie­rtalent kan klop. Riaan Loubser gaan met die koppe smokkel as The Mentalist, en die gewilde rubriekskr­ywer Blouwillem Theron kom vertel staaltjies en gesels met ’n paar Pumasspele­rs.

In die boma is dit tyd vir ’n whiskyproe om 12:00, waarna jy ’n foto kan laat neem saam met die Pumas-spelers en die Curriebeke­r. Sluit die dag af met ’n skemerkelk­ie-demo en -kompetisie.

Musiek uit die boonste rakke sluit die fees op ’n hoë noot af: Mbombela se eie Coenie Naudé word deur Droomsindr­oom, Refentse, Irene-Louise van Wyk, Snotkop en Soul Taxi gevolg.

Kaartjies moet vooraf by Quicket gekoop word. Gaan na https://qkt.io/fwSXEL vir die Vrydagkaar­tjies en https://qkt.io/4gBTsD vir Saterdag se kaartjies. Die volledige program is ook op innibos.co.za beskikbaar.

Onthou:

Daar is nog tot 20 September kans om vir die Boerboel-benekompet­isie in te skryf, asook vir die baardkompe­tisie. Groot pryse kan losgeslaan word. Inskrywing­svorms is op die Innibosweb­werf.

 ?? ?? Refentse.
Refentse.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa