The Lowvelder

Universite­itskoor se klanke weergalm

- Linzetta Calitz

Die Stellenbos­ch Universite­itskoor het onlangs diegene buite die Wes-Kaap met ’n paar optredes bederf.

Die Laevelders was gelukkig genoeg om dié koor in die Sudwala-grotte te kon aanskou.

Die gehoor is getrakteer op beide internasio­nale en plaaslike treffers wat perfek met die atmosfeer van die grotte saamgesmel­t het. Die koor se dirigent, André van der Merwe, het voor elke lied verduideli­k waar dit vandaan kom en wat die simboliek daaragter is.

Van der Merwe sê dit is ’n voorreg om die koor se liedere met mense buite Stellenbos­ch te deel en het die gehoor bedank vir hul moeite om die aand te kom bywoon. Net soos dit vir die koor ’n voorreg was, was daar ook bewonderin­g van die gehoor se kant. Dit het duidelik geblyk uit hul applous en waardering deur die optrede.

Na afloop van hul Mbombelaop­trede het die koor ook Sasolburg, Johannesbu­rg en Soweto besoek.

 ?? ?? Die Stellenbos­ch Universite­itskoor in die Sudwala-grotte.
Die Stellenbos­ch Universite­itskoor in die Sudwala-grotte.
 ?? ?? Rouxlene Merbold en Marné Botha.
Rouxlene Merbold en Marné Botha.
 ?? ?? Petro-Nel en Stefan Davey.
Petro-Nel en Stefan Davey.
 ?? ?? Chanel Steyn en Monica White.
Chanel Steyn en Monica White.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa