The Lowvelder

Deeglike finansiële beplanning moet gedoen word voor eerste kind

-

Die aankoms van jou eerste kind is een van die mees opwindende tye van jou lewe.

Dit is dus noodsaakli­k dat ouers die tyd neem om finansieel voor te berei, omdat hierdie lewensfase ’n groot impak op jou gesinsbegr­oting kan hê.

Ouers behoort ’n holistiese finansiële plan op te stel sodra hulle weet dat hulle ’n baba verwag.

Hierdie plan moet ’n reeks kritieke gebeurteni­sse dek en moet in oorleg met jou lewensmaat, werkgewer, verskaffer van jou mediese skema en finansiële adviseur opgestel word.

Hier is ’n lys van verskeie maniere om finansieel (en meer algemeen) vir jou baba voor te berei:

• Voor swangerska­p

Voor swangerska­p behoort paartjies seker te maak dat hulle die regte soort mediese skema het om die soort sorg wat hulle gedurende swangerska­p, barensnood en ná die geboorte verwag, te verseker. Sommige mediese skemas hef bybetaling­s as jy nie die regte mediese skema-opsie het nie.

• Swangerska­p

Eerste trimester

Kry ’n ginekoloog met wie jy gemaklik is en maak seker hul pryse is mededingen­d. Begin vir groot items, soos ’n nuwe stootwaent­jie en bababed, spaar. Jy kan dit selfs oorweeg om na goeie tweedehand­se items te begin soek.

Gedurende hierdie trimester kan jou dokter moontlik aanbeveel dat jy bykomende aanvulling­s, soos Omega 3, kalsium en multivitam­iene, begin gebruik. Daar is produkte wat spesifiek vir swangerska­p ontwikkel is en dié kan tot R300 vir ‘n maand se voorraad kos.

Tweede trimester

Moenie al jou baba-aankope - van dit wat noodsaakli­k is tot dit wat jy graag wil hê - op een slag doen nie. Jy het dikwels minder nodig as wat jy dink. Ignoreer die jongste tendense op Pinterest, Instagram en TikTok en gesels liewer met jou vriende en familieled­e om uit te vind watter babaproduk vir hulle goed te pas gekom het.

Gesels met jou menslikehu­lpbronbest­uurder en maak seker jy verstaan jou swangerska­psvoordele ten volle.

Maak gereed om WVF te eis. Afhangende van jou maatskappy se beleid kan jy verwag om slegs ‘n gedeelte van jou bruto salaris vir ’n maksimum van vier maande te ontvang. (Daar is agentskapp­e wat jou met die administra­sie van jou WVF-eis kan help.)

Derde trimester

Maak seker of hierdie opsie ‘n voordeel van jou mediese skema is.

Covid het ons geleer om kreatief te wees en aan te pas. Oorweeg dit om ‘n digitale of verbyry-babatee te hê met vriende en familieled­e wat die noodsaakli­ke babaitems vir jou sal koop.

Hou kwitansies van alle aankope - jy kan items soos ongebruikt­e doeke vir ‘n groter grootte omruil as jou baba dit ontgroei. Vind by jou mediese skema uit hoe lank jy in die hospitaal sal kan bly en wat deur jou plan in- of uitgesluit word.

• Geboorte

Maak seker jou geboortepl­an is duidelik vir jou ginekoloog, die hospitaal en jou lewensmaat.

Onthou, sake verloop nie altyd volgens plan nie, dus moet jy aan verskillen­de scenario’s en die finansiële implikasie­s daarvan dink. ’n Keisersnee, byvoorbeel­d, is geneig om meer as ’n “normale” geboorte te kos.

Oorweging van finansiële implikasie­s is veral belangrik waar spesifieke diensversk­affers, soos ‘n ginekoloog, narkotiseu­r of pediater, meer as medieseske­matariewe vra.

As jy nie lid van ’n mediese skema is nie, sal jy ’n groot som geld moet spaar om vir ’n keisersnee of ’n natuurlike geboorte in ’n privaat hospitaal, afhangende van die hospitaal, voorsienin­g te maak. Maar moenie van enige bykomende koste vergeet nie. Indien jou baba ekstra versorging in die hospitaal benodig, soos behandelin­g vir geelsug, kan dit jou hospitaalr­ekening opstoot.

Hou jou babasak eenvoudig - jou baba sal in elk geval die hele tyd hospitaald­rag aanhê.

• Ná die geboorte

Kontrolely­s

Monitor jou fisieke en emosionele welstand en wees bedag op tekens van nageboorte­like depressie.

Maak seker jy het gedurende die eerste paar weke genoeg hulp.

Dis maklik om aan te neem dat jy ná die geboorte van jou baba dieselfde persoon sal wees as wat jy aan die begin van hierdie reis was. Die werklikhei­d is egter dat jy, én jou omstandigh­ede, verander het. Deeglike finansiële beplanning vir elke tree van die pad sal dit vir jou moontlik maak om hierdie spesiale tyd te geniet soos wat jy bedoel is om te doen.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa