The Lowvelder

Ombudsman ondersoek Rob Ferreira vir nalatighei­d

- Buks Viljoen

MBOMBELA - Haar maande lange stryd om oorlewing van kanker, en haar hoop om beter mediese behandelin­g vir ’n massiewe septiese wond op haar regterbors by Rob Ferreira Hospitaal te kry, het nou in ’n veldtog teen haar van die hospitaal se personeel en dokters ontketen.

Laevelder het in Maart berig oor die stryd wat Elsie du Plessis voer sedert sy ’n beweerde mislukte operasie by Rob Ferreira ondergaan het. In stede daarvan dat die mastektomi­e (wat in die Kaap plaasgevin­d het) se sny net geheel het, het die beweerde nalatige behandelin­g by Rob veroorsaak dat dit oopgebars en ’n erg septiese wond gevorm het.

Hoewel die hospitaal bevind het dat die kankergewa­s weer ontwikkel het, het hulle lank gesloer voordat sy behoorlike behandelin­g daarvoor ontvang het.

Sy moes later vir noodkanker- en -wondbehand­eling na die Steve Biko Hospitaal in Pretoria oorgeplaas word in ’n poging om die wond en die kanker onder beheer te kry.

Du Plessis het destyds ’n klag by die kantoor van die gesondheid­sombudsman (KGO) teen die hospitaal en die Mpumalanga se departemen­t van gesondheid aanhangig gemaak.

Nadat sy daar ontslaan is, moes sy verlede week weer Rob Ferreira besoek om ’n skandering van haar bors te laat doen.

Tot haar skok het ’n dokter, wie se naam aan Laevelder bekend is, egter geweier om haar te behandel.

“Hy het aan my gesê hy sal my eers behandel nadat ek die klag wat ek by die KGO ingedien het, met Fridah Nyathi, die hospitaal se bestuursho­of, bespreek het.

“Indien sy dan instem, sal die dokters my kan behandel,” het ’n gefrustree­rde Du Plessis die week gesê.

Die bron van die hospitaal se skynbaar ongevraagd­e aggressie en openlike diskrimina­sie teen Du Plessis is die onlangse bevinding wat deur die KGO uitgereik is.

In dié verslag word Rob Ferreira en die departemen­t van gesondheid uitgewys as ’n sondebok omdat verskeie reëls en voorgeskre­we regulasies nie nagevolg is nie.

Dar is onder meer bevind dat:

• Rob Ferreira Du Plessis nie behandel het op ’n wyse wat normaalweg van toepassing is vir die erns van haar mediese kondisie nie

• Daar onnodig gesloer is om te opereer om onder meer ’n dreinering­stelsel aan haar regterbors aan te bring

• Daar gesloer is om tydig deur middel van ’n biopsie weefselmon­sters van haar bors vir ontleding te neem

• Dat daar gesloer is om haar vir radioterap­ie te stuur

• Die hospitaal nalatig was deur nie ’n radioterap­iemasjien te koop sodat die onkologiea­fdeling behoorlike behandelin­g aan pasiënte kan gee nie

• Die hospitaal nie ’n behoorlike stelsel in plek het om wagtye vir behandelin­g te monitor nie. As gevolg hiervan moes Du Plessis onnodig lank wag vir dringende behandelin­g.

Die ombudsman het egter ook bevind dat die klagtes van Du Plessis dat studentedo­kters haar sonder toesig behandel het, ongegrond is, en dit van die hand gewys.

Na die jongste debakel by Rob Ferreira, het Du Plessis Dinsdag weer by Steve Biko gaan aanklop.

“Die dokters was van mening dat radiasie nie effektief gaan wees vir my kankerbeha­ndeling nie, en ek gaan nou chemobehan­deling kry.

“Ek word middel Oktober opgeneem vir my eerste sessie. Dit is egter net as palliatiew­e sorg, omdat daar ongelukkig nie meer enige genesing vir my is nie. Dis nou maar wat dit is.” Vrae wat aan Dumisani Malamule, woordvoerd­er vir die gesondheid­sdeparteme­nt, gestuur is oor die verdoemend­e KGO-verslag en moontlike dissiplinê­re stappe teen personeel wat betrokke was, is nie beantwoord nie.

 ?? ?? Elsie du Plessis.
Elsie du Plessis.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa