The Lowvelder

Van boeremusie­k tot rock en alles tussen-in

-

MBOMBELA - Daar word Vrydag en Saterdag by Kwanyoni Lodge behoorlik by die Innibos Buitelug Familiefee­s feesgevier.

Daar is iets vir elkeen se smaak musiek, stalletjie­s, bier- en wyntuine, oulike demo’s op die Absa Kuierstoep en ook lekker buitelugak­tiwiteite vir oud en jonk: boogskiet, teikenskie­t, ponieritte, ’n visvangkom­petisie vir die kinders met lekker pryse en selfs toutrek met die Airlink Pumas. Daar is ook ’n spesiale kinderarea met speletjies en aktiwiteit­e vir die kleintjies!

Wat jy moet weet:

• Kwanyoni Lodge is 15 km uit op die N4 in Middelburg se rigting, aan jou linkerkant.

• Daar is meer as genoeg gratis, veilige parkering vir feesganger­s by die venue.

• Daar sal ’n Absa-OTM op die terrein wees om kontant te trek.

• Kaartjies kan vooraf by Quicket gekoop word, maar sal ook by die hek beskikbaar wees.

• Jou gunsteling-kykNETster­re: van Binnelande­rs, Mila Guy en Melinda Viljoen en van Diepe Waters, Liam Bosman en Righard van Jaarsveld.

• Van die land se top musikante en kunstenaar­s; Snotkop, Ricus Nel, Bernice West, Refentse en vele meer.

• Blouwillem Theron.

• Ons eie rugby-celebs, Jimmy Stonehouse en die Airlink Pumas.

• Die Curriebeke­r.

• En jy…

Ricus Nel. Inlas: Liam Bosman.

• Vrydag 30 September: Volwassene­s: R100; pensioenar­isse: R50; laerskoolk­inders: gratis. Hekke open 15:00.

• Saterdag 1 Oktober: Volwassene­s: R150; pensioenar­isse: R50; laerskoolk­inders: gratis.

Hekke open 10:00.

• Geen koelbokse en gazebo’s word toegelaat nie.

• Geen troeteldie­re nie, asseblief!

• Laai die program by www.innibos.co.za af sodat jy heeltyd op jou foon kan kyk wat

waar en wanneer gebeur!

Wat jy moet saambring:

• ’n Kampstoel (jy kan dit in jou motor los en gaan haal wanneer die verhoogpro­gram begin).

• Sonroom, sonbril en hoed die son kan kwaai wees!

• Bring baie gees, dis weer tyd om te fees!

Die wie’s wie wat daar gaan wees:

Righard van Jaarsveld.

 ?? ??
 ?? ?? Mila Guy.
Melinda Viljoen.
Mila Guy. Melinda Viljoen.
 ?? ?? Reën.
Refentse.
Reën. Refentse.
 ?? ??
 ?? ?? Irene-Louise van Wyk.
Irene-Louise van Wyk.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Snotkop.
Snotkop.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa