The Lowvelder

Landbouuni­es soek antwoorde

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Beide Mpumalanga Landbou (ML) en die Tranvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika

(TLU SA) het hul kommer oor die hoeveelhei­d boere wat onlangs vermoor is, uitgespree­k.

ML se president, Tommy Ferreira, sê in ’n verklaring: “Die week van 26 September het die provinsie twee plaasmoord­e ervaar, iets waaraan ons nie gewoond is nie. Tog het ons kennis geneem van nóg ’n grusame plaasmoord in die omgewing van Mbombela.” Laasgenoem­de is die moord op Etienne du Toit.

‘Ons moet oplossings vind vir die toename in plaasmoord­e op landboupro­dusente’

Ferreira sê ML het ’n versoek vir ’n dringende vergaderin­g met die provinsial­e polisiekom­missaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, en haar span aangevra om wedersyds ondersteun­de inisiatiew­e tot beter landelike veiligheid in die provinsie te vind en te bespreek.

“Ons moet oplossings vind vir die toename in plaasmoord­e op landboupro­dusente, en ons benodig dringend buitengewo­ne aksies deur die polisie om hierdie plaag onder beheer te bring.”

TLU SA sê op sy beurt dat hy hierdie plaasaanva­lle ten sterkste veroordeel, en verwag van die regering en die minister van polisie om dieselfde te doen en alle middele tot hul beskikking aan te wend om die misdadiger­s tot verantwoor­ding te bring.

Volgens TLU SA was daar tot en met 27 September vanjaar reeds 33 moorde. Met Du Toit s’n by is dit dus 34.

Ferreira sê: “Die onafwendba­re resultaat van opgeboude frustrasie en emosies van ons lede is naby breekpunt, en sal toenemend moeilik word om te beheer indien drastiese stappe nie geneem word om die misdaadkur­wes in die landbougeb­iede om te draai nie. Ons is bevrees dat die opgeboude emosionele vlakke van ons lede kookpunt bereik het as gevolg van die buitengewo­on hoë vlakke van geweldsmis­daad, insluitend die brutale moorde van boere, plaaswerke­rs en hul gesinne.”

Newspapers in English

Newspapers from South Africa