The Lowvelder

BUCO Nelspruit groet oom Calie op gepaste wyse

- Stefan de Villiers

MBOMBELA - In ’n tradisione­le inhuldigin­gseremonie is die amp van BUCO se bedryfsbes­tuurder van die oosstreek deur Calie Olivier aan Pottie Potgieter oorhandig.

Olivier se nalatenska­p is op 29 September by BUCO Nelspruit saam met sowat

250 van sy naaste vriende, familie en kollegas gevier.

Hy was vir meer as 42 jaar deel van BUCO Nelspruit se ryk geskiedeni­s en word as ’n absolute legende beskou.

Tydens die afskeidsfu­nksie het Potgieter meer oor die geskiedeni­s van die nuwe brug op die perseel gedeel.

“Onder BUCO-mense droom ons verskrikli­k; ons droom oor prosesse en oor dinge wat ons lewens baie makliker maak. Dit waarop julle nou vanaand hier staan is een van die idees wat ons uitgedink het.”

Dié brug was vir baie jare sy en oom Calie se droom. So is dit toe ook gepas dat dit die “Caliebrug” gedoop is.

Daar was verskeie toesprake wat hulde aan oom Calie gebring het, onder andere van Ané Potgieter, wat almal in trane gehad het, Cobus Tomlinson en Craig Smith.

Tydens die inhuldigin­gseremonie is oom Calie se ampserp afgehaal en aan Potgieter oorhandig.

Dié gebaar simbolisee­r sy titel en leierskap. So het Potgieter dan ook ampserpe aan elk van sy takbestuur­ders oorhandig en ’n gedragskod­e gelees wat afgesluit is met ’n heildronk met whisky as simbool van leierskap en eenheid.

Pieter Smith het die gaste heerlik ná afloop van die amptelike verrigting­e vermaak.

 ?? ?? Calie Olivier by die amptelike opening van die Caliebrug, met Steve du Toit, Pottie Potgieter, Johan van Biljon en Jaco van der Colff. > Foto: BUCO Nelspruit
Calie Olivier by die amptelike opening van die Caliebrug, met Steve du Toit, Pottie Potgieter, Johan van Biljon en Jaco van der Colff. > Foto: BUCO Nelspruit

Newspapers in English

Newspapers from South Africa