The Lowvelder

Hawe van veiligheid kry ruim skenking van motorfiets­klub

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Lede van die Big

Five HOG Chapter se motorfiets­klub het Saterdagog­gend van Mahindra Nelspruit af hul pad na Huis Betlehem gevind om 'n baie welkome verrassing aan dié hawe van veiligheid te oorhandig.

Mariaan Lourens, die uitvoerend­e beampte van die Huis Betlehem-trust, het sommer as passasier saam met met die klublede tot by die huis gery.

By Huis Betlehem aangekom, waar die kinders en die huismoeder hulle ingewag het, het Chris Enslin, die direkteur van die klub, 'n tjek vir R35 000 aan Lourens oorhandig.

Die oomblik toe sy die bedrag sien, was sy skoon oorweldig en het sy die klub hartlik daarvoor bedank.

Enslin het op sy beurt dankie gesê aan elke borg wat bygedra het om die klub se skenking moontlik te maak. Die fondse is tydens hulle jaarlikse rally in Kaapsehoop ingesamel, waar daar besoekers van so ver as Gauteng, die Vrystaat en Limpopo was.

Die Laeveld se paaie bly ’n gunsteling onder baie motorfiets­ryers.

 ?? ?? Mariaan Lourens en Chris Enslin.
Mariaan Lourens en Chris Enslin.
 ?? ?? Agter: Kallie van Staden, ‘JR’ Joao Rodrigues, Gerrie Agenbach, Mariaan Lourens, Chris Enslin, Oskar Rottcher, Cas Kolbé en Johan Bezuidenho­ut jr. Voor: Julia Burger en Lizette Freeman.
Agter: Kallie van Staden, ‘JR’ Joao Rodrigues, Gerrie Agenbach, Mariaan Lourens, Chris Enslin, Oskar Rottcher, Cas Kolbé en Johan Bezuidenho­ut jr. Voor: Julia Burger en Lizette Freeman.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa