The Lowvelder

Kulturele reuse bring trane en blydskap na Innibos

- Ian Hugh Fleming

WITRIVIER - Koos Kombuis en Andries Bezuidenho­ut het op 5 Oktober gesorg vir ’n betowerend­e vaarwel aan Innibos se In jou huis-musiekteat­erkonsertr­eeks.

Die konsert is oudergewoo­nte regstreeks op Radio Laeveld uitgesaai en het gesorg vir trane én blydskap onder die klein gehoor wat by Bosch Ceramic Art Studios buite Witrivier bymekaarge­kom het.

Kombuis het nog altyd ’n sagte plekkie vir Mpumalanga. “Ná die heel eerste keer wat ek by die Nelspruit Lughawe geland het, het ek ’n herhalende droom oor die stad begin kry. Hulle hou al vir baie, baie jare aan en is altyd gelukkige drome. Dis rêrig lekker om terug te wees,” het hy gesê.

Innibos het keramiekme­esters Hanlie en Anton Bosch gevra om die konsert aan te bied, en hulle het op hul beurt die Witrivier DBV genomineer as begunstigd­e van die fondse wat die aand ingevorder is. Die DBV se voorsitter, Estelle de Villiers, sê: “Ons voel regtig geëerd om deel van hierdie ongeloofli­ke aand te wees en om ’n hupstoot vir ons bedrywighe­de te kry.”

Beide folk-rock-kunstenaar­s het liedjies van hulle onderskeie nuwe albums vir die eerste keer gespeel.

Tussen die liedjies deur het Kombuis ook oor sy kreatiewe proses gesels. “Idees kom op die mees onmoontlik­e tye na my toe. Dan moet ek alles los en begin skryf, maak nie saak waar ek is of waarmee ek besig is nie. My skryfprose­s was nog altyd baie spontaan.

“Ek het die meeste van my jonger jare in kroeë en klubs gespeel, maar daai dae is nou verby. Nou hou ek daarvan om op die platteland te speel; dis net soveel rustiger.”

Bezuidenho­ut is ’n lid van die rock-band Brixton Moord en die Roof Orkes, maar tree ook as ’n solokunste­naar op. Een van die liedjies wat hy van sy nuwe album, Dink aan planete, gespeel het, was “Na die geliefde land” - absoluut hartroeren­d.

Hy geniet die kreatiewe sinergie tussen sy lewe as visuele kunstenaar, digter, skrywer en musikant, waarin hy plaaslike geskiedeni­s en Suid-Afrikaanse landskappe saambring in tye van radikale omgewingsv­erval en heersende sosiale ongelykhei­d.

Sommige liedjies het die gevoel van vervreemdi­ng wat sommige burgers binne die Suid-Afrikaanse konteks ervaar, opgeroep.

Die konsert kan werklik as ’n magiese en geweldige sukses beskryf word.

 ?? ?? Andries Bezuidenho­ut en Koos Kombuis.
Andries Bezuidenho­ut en Koos Kombuis.
 ?? ?? Anton Bosch, Adelene Niehaus, Koos Kombuis, Hanlie Bosch, Andries Bezuidenho­ut, Philna Scholtz en Annemarie van der Walt.
Anton Bosch, Adelene Niehaus, Koos Kombuis, Hanlie Bosch, Andries Bezuidenho­ut, Philna Scholtz en Annemarie van der Walt.
 ?? ?? Estelle de Villiers en Rhetha Steenkamp.
Estelle de Villiers en Rhetha Steenkamp.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa