The Lowvelder

Afslagverb­lyf in die ikoniese Royal Hotel

-

Jy het ’n afspraak in die Royal.

Vir dié wat nog altyd in die geskiedkun­dige Royal Hotel op Pelgrimsru­s wou tuisgaan - nou is jou kans.

Die naweek van 21 tot 23 Oktober vier die dorpsmense en Mpumalanga Erfenis weer een van die gereelde erfenisnaw­eke. Afslagverb­lyf in die ikoniese Royal Hotel is gereël, en daar is nog kamers beskikbaar.

Kom beleef oudag se elegansie. Jy gaan nooit weer die geleenthei­d kry om teen R500 ’n aand hier te oornag nie. Vir die twee van julle is dit R2 000 vir die naweek, ontbyt ingesluit.

Kom al teen Vrydagaand, betyds vir die aand se kroegkruip en ’n ete by een van die kroegies langs die pad, en pak jou outydse aandklere ook vir Saterdagaa­nd se delwersbal in.

Jy sal dié naweek nog lank onthou.

Skakel die Royal Hotel by 013 768 1100 en verseker jou kamer.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa