The Lowvelder

Lydenburge­rs oorheers bergfietsr­eeks

-

Hoërskool Nelspruit het onlangs die laaste been van die TWK Bergfietsr­eeks vir skole by Mankele aangebied. Vir die 13de agtereenvo­lgende jaar het Hoërskool Lydenburg as die wenners met ‘n puntetotaa­l van 427 uitgetree. Secunda was tweede met 326 en die gasheer derde met 278. Onder die ander plaaslike skole was Hoërskool Rob Ferreira vyfde, Uplands agtste, Bergvlam 11de en Curro 13de. Onder die laerskole het Secunda met die louere weggestap, Piet Retief was tweede en Laerskool Witrivier derde met 182. Op eie bodem was Curro vyfde, Bergland sewende, Lydenburg agtste, Barberton 13de, Uplands 15de, Sabie 19de en Estralita, Laeveld en Nelspruit het die 20ste plek gedeel.

> Foto: Stefan de Villiers

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa