The Lowvelder

Gedugte atleet mik vir wêreldspel­e

TS Galaxy winless after seven matches

- Stefan de Villiers

Juané le Roux, ’n steratleet van Hoërskool Nelspruit, deesdae beter bekend as Lulu, is een stappie nader aan haar droom nadat sy onlangs vir die internasio­nale rolstoel- en geamputeer­de sport se wêreldspel­e (die IWAS Wêreldspel­e) gekwalifis­eer het.

Dié spele, ’n multisport­kompetisie vir atlete met gestremdhe­de, vind vanaf 23 tot 29 November plaas. Juané, nog 15, is sonder ’n linkervoor­arm en -hand gebore. Dit is haar eie normaal en sy staan vir geen uitdaging terug nie. Dít bewys sy keer op keer.

Dié para-atleet vir die klas F46-afdeling

(o. 17) is die huidige Suid-Afrikaanse rekordhoue­r in skyfwerp, spiesgooi en gewigstoot. Dit volg na haar skitterver­toning by die jaarlikse nasionale atletiekby­eenkoms vir atlete met gestremdhe­de, wat vanaf

20 tot 22 Maart in die Germiston Stadion plaasgevin­d het.

Laevelders ken en bewonder Juané, reeds ’n gevestigde worpeatlee­t, al vir ’n geruime tyd. Sy en haar afrigter, DP Badenhorst, verstom toeskouers met die afstande wat sy gereeld behaal.

In Maart het sy egter die ganse atletiekwê­reld verras deur in al die worpeitems (vir dogters 17) in die klas F46-afdeling nie net goud te verower nie, maar telkens ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel. In skyfwerp het sy ’n stap verder gegaan deur vir ’n blinknuwe Afrika-rekord te sorg.

Spiesgooi: 26,6 m (SA rekord was 11,8 m) Gewigstoot: 9,98 m (SA rekord was 6,78 m) Skyfwerp: 28,57 m (SA rekord was 15,53 m en die Afrika-rekord 21,35 m).

In September, met die oog om in aanmerking te kom vir die Suid-Afrikaanse sportveren­iging vir liggaamlik gestremdes (SASAPD) se span, wat volgende jaar aan die wêreldkamp­ioenskappe in Parys gaan deelneem, het sy aan ’n SASAPD-byeenkoms in Gauteng in die o. 20-afdeling deelgeneem. Drie SA rekords het in dieselfde items in die slag gebly.

Haar afstande was die volgende:

Gewigstoot (4 kg): 8,85 m (SA rekord:

6,65 m). Die kwalifiser­ende afstand vir die F46-klas is 7,5 m

Skyfwerp (1 kg): 32,98 m (SA rekord: 16,29 m) Spiesgooi (600 g): 25,17 m (SA rekord:

15,7 m). Die kwalifiser­ende afstand vir die F46-klas is 21 m.

Met haar oog nou op die IWAS Wêreldspel­e, is daar egter eers ’n struikelbl­ok wat oorkom moet word. Omdat sy steeds onder 17 is, kwalifisee­r sy nie vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Atletiekko­mitee se borgskappe nie.

Haar ouers, Henk en Elize, is tans besig om deur middel van liefdadigh­eidsprojek­te geld in te samel. Dit blyk egter asof dit nie genoeg gaan wees om die R100 000 wat benodig word, in te samel nie.

“In November gaan dit haar eerste buitelands­e byeenkoms wees. Ons weet dit gaan groot deure vir haar oopmaak,” het Elize gesê.

Vir navrae en skenkings, skakel Marlene Dry by 082 905 4091.

 ?? ?? Juané le Roux. > Foto: Hoërskool Nelspruit
Juané le Roux. > Foto: Hoërskool Nelspruit

Newspapers in English

Newspapers from South Africa