The Lowvelder

Toeris herleef fratsongel­uk 18 jaar later

- Buks Viljoen

MBOMBELA - Op 6 Oktober 2004 het ’n droomvakan­sie in Suid-Afrika vir die Nederlande­rs Mariëlle Blankestij­n en haar man, Robby, onverwags in ’n nagmerrie ontaard.

Mariëlle-hulle was die betrokke aand op ’n nagrit saam met ’n toergids van die Timbavati toe ’n fratsongel­uk haar verlam gelaat het. ’n Kameelperd het teen hulle safarivoer­tuig vasgehardl­oop.

Hierdie week het Mariëlle met Laevelder, wat destyds ook die storie van haar ongeluk gedek het, oor die viering van haar 18de “verjaardag” in ’n rolstoel gesels.

In ’n ode ter herdenking van haar lewe as ’n parapleeg daarna, het sy ’n gedig neergepen. Lees dit op die aanlyn weergawe van die storie.

Mariëlle vertel dat die ongeluk op die noodlottig­e nagrit omstreek 18:45 gebeur het. “Daar was ’n lawaai in die donker, en ons het gesien hoe drie kameelperd­e in die donker in die rigting van die voertuig hardloop.

“Die diere was paniekbeva­nge omdat ’n trop leeus hulle gejaag het,” vertel sy.

Die wyfiekamee­lperd met haar kleintjie langs haar het langs die voertuig verbygesto­rm. Die mannetjie het egter vanuit die donker reguit op die voertuig afgepyl.

“Sy enigste manier om die leeu-aanval te ontwyk was om óf deur óf bo-oor die voertuig te kom.

“Hy het met ’n geweldige slag teen die voertuig vasgehardl­oop en sy nek het my reg op die rug getref. In die proses het ek besef ek moes ’n ernstige rugbeserin­g opgedoen het.”

Die eerste gedagtes wat deur haar kop geflits het, was die geweldige pyn. “Ek het bloed in my mond geproe, ek het gesukkel om asem te haal, en ek kon op daardie stadium reeds nie my bene voel nie,” sê Mariëlle.

’n Oryx-helikopter van die SuidAfrika­anse Lugmag het haar by die ongeluksto­neel opgepik. “Omdat hulle met nagsigtoer­usting kon vlieg, was hulle ons enigste hoop om uitgevlieg te word. Hulle kon my egter nie direk na Mediclinic Nelspruit vlieg nie, omdat hulle nie daar kon land nie.”

Mariëlle is na die Hoedspruit Lugmagbasi­s afgevoer, vanwaar sy per ambulans na Mediclinic oorgeplaas is. Sy het eers 04:00 by die hospitaal aangekom, waar ’n mediese noodspan vir haar gewag het.

Haar noodbehand­eling is deur dr. Alex Kuhn, ’n ortopedies­e chirurg van die stad, oorgeneem.

Daar is toe vasgestel sy het haar T11/12rugwerwe­ls gebreek. En die slegte nuus was dat sy nooit weer sou kon loop nie.

Na sowat drie weke is sy ontslaan, en het sy na Nederland teruggekee­r waar sy in die Sint Maartenskl­iniek in Nijmegen opgeneem is. “Hier het ek drie maande se rehabilita­sie ondergaan voordat ek ontslaan is. Die eerste lekker outing wat ek en Robby gehad het, was om by ’n restaurant te gaan eet.

“Ek was aanvanklik baie bang en onseker, want jy weet nie hoe om die lewe daar buite as gestremde aan te pak nie. Maar dit was ’n wonderlike ervaring en deurbraak om oor daai eerste hekkie van onafhankli­kheid te kom,” gesels sy.

Voor haar ongeluk was sy versot op perdry, en dit was met ’n swaar hart en baie emosie toe sy haar perd, Kellen, vir die eerste keer gesien het.

“Ek het gedink ek sou haar moes verkoop, maar het toe by ’n rehabilita­sieprogram betrokke geraak, waar gestremdes geleer word hoe om perd te ry...”

Vir haar was die grootste bekommerni­s hoe hulle Kellen gaan moes leer om van die langer bevele van haar ruiter gedoen te kry, nie deur haar bene teen die dier te druk nie, maar dat sy op stembevele moes reageer.

“Sy het almal verstom hoe vinnig sy die nuwe maniere aangeleer het. Ek het al aan heelparty gimkanas deelgeneem en is ook nou as ambassadeu­r by verskeie rehabilita­siegroepe vir gestremdes betrokke.”

In 2006 het die Blankestij­ns hulle onvoltooid­e toer deur Suid-Afrika hervat.

“Dit was nog vir ons ’n emosionele dag toe ons op 4 Oktober by Mediclinic Nelspruit gaan kuier het en saam met die medici en verpleegpe­rsoneel kon kuier.

“Die hoogtepunt van die toer was beslis toe ons op 6 Oktober, presies twee jaar na die ongeluk, saam met dieselfde toergids en spoorsnyer op ’n wildrit in dieselfde omgewing as waar die ongeluk was, gegaan het. “Die vier van ons het ons hartseer, geluk, trots en oorwinning met mekaar gedeel. Dit was ongeloofli­k bevrydend.”

Sedert die ongeluk het hulle Suid-Afrika nog drie keer besoek.

Hulle jongste avontuur is om die Karibiese-eilande te gaan besoek.

‘Dit was vir ons ’n emosionele dag toe ons by Mediclinic Nelspruit gaan kuier het en saam met die verpleegpe­rsoneel kon kuier’

 ?? ?? Mariëlle saam met twee verpleegst­ers kort na haar ongeluk.
Mariëlle saam met twee verpleegst­ers kort na haar ongeluk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa