The Lowvelder

Vrou eis R3,5 m ná beweerde nalatighei­d

- Buks Viljoen

MBOMBELA - R3,5 miljoen.

Dit is hoeveel ’n bejaarde, wat gestremd gelaat is deur die beweerde nalatighei­d by Rob Ferreira Hospitaal, nou eis.

Dié dagvaardin­g deur Corneli Botha (71) is verlede week op die Mpumalanga se Departemen­t van Gesondheid, Rob Ferreira en Steve Biko Hospitaal in Gauteng beteken.

Botha hou die drie instelling­s verantwoor­delik nadat sy beweerde nalatige behandelin­g ontvang het, wat daartoe gelei het dat haar regterbeen onder die knie geamputeer moes word.

Laevelder het vroeër berig hoe Botha haar voet teen ’n trappie by haar huis gestamp het. Omdat dit op daardie stadium nie seer was nie, het sy nie mediese hulp gesoek nie.

Eers toe die voet ’n week later erg begin pyn het, het sy by Rob Ferreira Hospitaal gaan aanklop.

Die dokters wat Botha vir ses dae lank behandel het, het glo geweet dat sy ’n bloedklont in haar been het, maar het niks daarvan gesê of daaraan gedoen nie.

Teen die tyd dat die dokters wel ingegryp het, was haar been reeds só verrot dat al hoe hulle haar lewe kon red, was om dit te amputeer.

Vir haar dogter, Lizel Habib, was dit die ergste ding wat sy in haar lewe moes doen - om haar ma in te lig dat sy haar been gaan verloor.

Die dokters wou om een of ander rede nie self met Botha oor die verwikkeli­nge gaan praat nie.

’n Skandering van Botha se been, wat Laevelder onder oë gehad het, het aangedui dat sy ’n bloedklont daarin gehad het. Daar is ook vasgestel sy ly aan bilaterale perifere arteriële siekte.

“Hulle het geweet daar was ’n bloedklont in haar been. Maar hulle het niks daaraan gedoen nie. En teen Sondag was haar voet ’n vrot massa met oop sere waaruit die sug geloop het,” het Habib gesê. “Dit is tóé eers dat die dokters vir ons gesê het wat werklik aan die gang met ma was.”

Daar is ook besluit dat die wond só vererger het, dat sy eerder na Steve Biko Hospitaal oorgeplaas moes word.

Die oorplasing sou plaasvind sodra toetse wat aan dié hospitaal vir ontleding gestuur is, geëvalueer is.

Intussen is Botha meer aggressief behandel om die infeksie onder beheer te probeer bring. Haar toestand het só verbeter, dat sy gereed was om na

Steve Biko oorgeplaas te word vir die behandelin­g van die vaskulêre siekte.

Habib is later geskakel met die skoknuus dat Steve Biko bevind het die weefselska­de aan Botha se voet só erg was, dat haar been geamputeer moes word.

Die amputasie is eers by Rob Ferreira gedoen voordat sy vir verdere behandelin­g na Steve Biko oorgeplaas is.

Botha moes sedertdien met ’n rolstoel en krukke oor die weg kom.

As gevolg van haar ouderdom, is haar beweging erg beperk en sukkel sy met voortduren­de pyn.

In die dagvaardin­g wat op die regering beteken is, voer Botha aan sy is as gevolg van nalatighei­d gestremd gelaat, dat sy pyn en lyding het, en dat haar toekomstig­e mediese koste astronomie­s gaan wees.

Van die R3,5 miljoen-eis is R2 miljoen vir toekomstig­e mediese koste, en R1,5 miljoen is vergoeding vir algemene aspekte soos pyn, lyding en ‘n verlaagde lewenstand­aard.

Die Departemen­t van Gesondheid het bevestig dat die eis op hom gedien is. Dit word nou na sy regsafdeli­ng verwys.

 ?? ?? Corneli Botha.
Corneli Botha.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa