The Lowvelder

Baba MJ se tweede verjaardag só gevier

- Tumelo Waga Dibakwane

MBOMBELA - Baba MJ Erasmus is op 15 Mei verlede jaar aan ’n rare breinaando­ening oorlede. Hy was maar agt maande oud.

Sy ouers het besluit om elke jaar sy verjaardag aan minderbevo­orregte kinders op te dra. Sy verjaardag was op 2 September.

“Hierdie jaar het ons besluit op die pediatries­e sale van Rob Ferreira Hospitaal. Siek kinders lê ons baie na aan die hart. As daar enigiets is wat ons kan doen om selfs net een dag meer leefbaar te maak, dan is dit ’n sukses,” sê Adri Erasmus, MJ se ma.

Die Erasmusse het toe saam met talle rolspelers saamgespan om geskenke na die hospitaal te neem en só hulle seuntjie te vier.

Só het baie mense hande gevat om die dag moontlik te maak, en daarvoor is MJ se ouers opreg dankbaar.

 ?? ?? Geskenke vir die kinders.
Geskenke vir die kinders.
 ?? ?? Marius Erasmus, baba MJ se pa.
Marius Erasmus, baba MJ se pa.
 ?? ?? Dr. Elliot Motoung en Henri Gouws.
Dr. Elliot Motoung en Henri Gouws.
 ?? ?? Canary, Radha Srini en een van die jong pasiënte.
Canary, Radha Srini en een van die jong pasiënte.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa