The Lowvelder

Die stand van meeste SuidAfrika­ners se geestesges­ondheid

-

Vier-en-vyftig persent van Suid-Afrikaners kan nie maandeliks met hul geld uitkom nie, en dit het ’n impak op hul geestesges­ondheid. Hierdie is onlangse statistiek van die Sanlam-veldtog, Brief aan my pre-Covid-19-self, wat deur Ova to You onder 1 200 Suid-Afrikaanse respondent­e gedoen is.

Dis noodsaakli­k om in baie moeilike omstandigh­ede die beste moontlike finansiële besluite te neem. Die opname was daarop gemik om vas te stel wat respondent­e graag voor Covid-19 sou wou geweet of gedoen het.

Covid-19 het sy tol onder die meeste, indien nie almal van ons, geëis, en het moontlik ook ’n impak op ons geestesges­ondheid gehad. Hierdie impak sal waarskynli­k nog jare duur. Die opname het bevind dat die meeste mense gewens het hul pre-pandemie-self het meer gespaar. Dit het die impak wat geld as ’n stressor op ons geestesges­ondheid het, beklemtoon. e

• Sewe-en-vyftig persent van respondent­e het gesê finansiële stres het die grootste impak op hul geestelike welsyn gehad.

• Jong mense tussen die ouderdomme van 18 en 24, veral vroue, is die swaarste deur finansiële stres getref.

• Ouer mense was meer bekommerd oor die ekonomie en die stand van SuidAfrika, en negatiewe nuus het ’n impak op hulle gehad.

• Verlies en smart het ’n impak op alle ouderdomme gehad. Vier-en-twintig persent van respondent­e het genoem dat verlies en smart ’n geestelike impak gehad het, en 22% het afsonderin­g en eensaamhei­d genoem.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa