The Lowvelder

En die tweetjies se metgeselle na vriendin se troue is...

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Uit sowat 110 aansoeke vir metgeselle na ’n troue, en ’n héle paar video-oproepe verder, is daar uiteindeli­k twee vriende gekies.

Marunelle Hitge en Janke Mulder het aan die einde van Augustus ’n pamflet op Facebook geplaas waarop hulle op soek was na metgeselle na hulle vriendin se troue.

Dié het soos ’n wafferse Laeveld-veldbrand versprei.

Sedert die plasing was die tweetjies al in koerante en op die radio. Hulle kreatiewe manier van metgeselle soek, het beslis oraloor belangstel­ling ontlok.

Hitge sê dit was glad nie ’n maklike proses nie, en daar was baie oulike aansoeke, maar hierdie twee maats het die koek gevat.

Anrich Fourie en Riaan van Wyk, beide 26 en van Benoni, was toevallig die laaste twee op Hitge en Mulder se kortlys wat hulle moes kontak.

“Toe ons met hulle gesels het, het ons net geweet ons wil hulle saamnooi. Ons het later die aand teruggebel en hulle gevra of hulle sal saamgaan,” sê Mulder.

Volgens die vraelys wat hulle ingevul het, hou die twee manne van rugby, reken hulle ’n Ford-bakkie is die beste, geniet hulle ’n brandewynt­jie, en kan hulle beslis sokkie.

Hulle is albei opgewonde vir die troue en, bowenal, beïndruk met hulle metgeselle.

Fourie sê hulle het baie lekker tydens die video-oproep gesels. Dit het vir langer as ’n uur geduur en daar was ’n lekker wyntjie byderhand.

“Hulle sê mos time flies when you’re having fun,” sê hy.

Hy en Van Wyk is albei al vir ’n tydjie lank enkellopen­d, en ’n vriendin het hom toe in die plasing op Facebook genoem. Hy het vir Van Wyk gevra of hy in is, en hier sit hulle nou met twee oulike metgeselle vir ’n November-troue.

Hulle het besluit Fourie sal saam met Mulder gaan en Van Wyk saam met Hitge.

Vir die optellyne wat op die vraelys versoek is, moet daar egter nog gewag word - die manne reken só iets werk baie beter in persoon.

‘Toe ons met hulle gesels het, het ons net geweet ons wil hulle saamnooi’

 ?? ?? Marunelle Hitge, Danél Wessels, die bruid, en Janke Mulder, by Wessels se kombuistee.
Marunelle Hitge, Danél Wessels, die bruid, en Janke Mulder, by Wessels se kombuistee.
 ?? ?? Anrich Fourie en Riaan van Wyk.
Anrich Fourie en Riaan van Wyk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa