The Lowvelder

Nuwe Astro-hokkiebaan vir hierdie twee skole

- Linzetta Calitz

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het onlangs geskiedeni­s gemaak.

Ná ’n lang gewag het die dag wat dié twee skole hande vat om 'n Astro-hokkiebaan te bou, uiteindeli­k aangebreek.

Die grondwerke het op 19 Oktober begin. Die baan word op Rob Ferreira se gronde gebou en vervang die B-rugbyveld.

Saam hoop die skole om die gemeenskap se hokkie op te bou en vorentoe te neem.

Albei skole sal kan baat by die Astro-baan, met die hoërskool se seisoen in die tweede termyn en die laerskool s’n in kwartaal drie.

Die hoof van Laerskool Witrivier, Rian Cooper, sê hy sien uit daarna dat die tweede hokkietoer­nooi in 2023 op die Astro aangebied sal kan word.

Rob Ferreira se beheerligg­aamvoorsit­ter, Jaco Bekker, het die voorreg gehad om die eerste gras te lig.

Beide Cooper en Rob Ferreira se hoof, Dawie Oberholzer, is dankbbaar vir almal wat bydrae gelewer het om die projek van stapel te stuur.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa